TAAL
FAK vier 185-gedenkjaar van die Groot Trek
KULTUUR-
NETWERKE
Ons Kultuurnetwerke , ons staatmakers
Die FAK-Kultuurnetwerke is gevul met hedendaagse helde wat naweke in en uit werk om die voortbestaan van ons erfenis te verseker .
Hierdie netwerke is mense wat in hul plaaslike gemeenskappe ' n verskil maak – of dit nou is om ' n begraafplaas of konsentrasiekamp skoon te maak en op te knap , en of dit is om die verwoesting , verskuiwing of vandalisasie van erfenisbakens te bekamp , of eenvoudig net die viering en vertelling van ons geskiedenis is , jy kan op húlle staatmaak .
Ons herkoms is ons trots .
Meer as ' n honderd nasate van die Groot Trek-leiers en helde van die Slag van Bloedrivier het op 14 Junie eresertifikate ontvang van die FAK tydens een van die grootste byeenkomste vir nasate . Verder het meer as 200 mense as nasate geregistreer vir hierdie funksie .
Hierdie is deel van die 185-jaar-herdenking van die Groot Trek .
Tydens die funksie is die heldedade van ons voorouers vereer en het die direkte afstammelinge van daardie Voortrekkers spesiale sertifikate ontvang .
Konsentrasiekampdag regoor SA herdenk
Ons netwerke maak ons hande sterker en die FAK-vriende sorg dat ons voortdurend hierdie goeie werk kan volhou .
Die Kaapse netwerke fokus op projekte van die VOC-tydperk , asook die Taalstryd wat ons pragtige taal , Afrikaans , as amptelike taal vasgesement het . Ons netwerke in die noorde en binneland vier vanjaar die 185ste gedenkjaar van die Groot Trek en die meeste projekte is rondom hierdie tema gesentreer .
Die FAK en sy kultuurnetwerke was op 16 Junie betrokke by Konsentrasiekamp-gedenkdienste regoor die land ; in Vereeniging , Rustenburg en Turffontein , asook die Irenekonsentrasiekampkerkhof , waar elke jaar ' n gedenkdiens gehou en hulde gebring word aan die vroue en kinders wat tydens die Anglo-Boereoorlog die hoogste prys betaal het .
33 AFRIKAANS