Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ) het op 14 Julie die lewe van president Paul Kruger herdenk . Die FAK-Rustenburg-Kultuurnetwerk het ' n krans gelê by die Kruger-beeld wat voor die Rustenburgse stadsaal aangetref word . Dit is vanjaar 119 jaar sedert die afsterwe van Kruger .
President Brand vereer
Op 14 Julie 1888 is president Johannes Brand oorlede . Die FAK het vanjaar sy lewe en bydrae gevier in die Vrystaat , waar hy president was .
President Brand het diep spore getrap in die Vrystaat se ontwikkeling as republiek voor die Anglo-Boereoorlog ( ABO ). Hy was ' n ware staatsman en een van die ses presidente voor onafhanklikheid teen Brittanje verloor is . Hy is in 1863 verkies as president en is vir vyf termyne herverkies .
Die FAK-Bloemfontein-Kultuurnetwerk het die geleentheid van die Ou Presidensie Historiese Vereniging bygewoon en hulde gebring aan president Brand .
standbeelde van Andries Pretorius en MW Pretorius onthul . Hierdie onthulling het plaasgevind op die sterfdag van Andries Pretorius .
Daan Pretorius , ' n afstammeling van Andries Pretorius , het die fondse geskenk om te letters te restoureer en was self ook op die dag teenwoordig . Pretorius is ook betrokke by skoonmaakaksies in die Heldeakker . Andries Pretorius sterf op 23 Julie 1853 by sy huis in Magaliesberg . Sy liggaam is begrawe in die Heldeakker in Pretoria , die stad wat na hom vernoem is . Die FAK is ook betrokke by die herstel en bewaring van die Heldeakker .
Die FAK onthou Andries Pretorius van Graaff-Reinet
George McCall Teal , Suid-Afrikaanse historikus , aktivis en genealoog , het Andries Pretorius beskryf as “ die bekwaamste leier en mees perfekte verteenwoordiger van die emigrante boere ”.
Pretorius kry nuwe naam op sterfdagherdenking
Op 23 Julie 2023 het die FAK in samewerking met die SAMF ( Suid-Afrikaanse Museum Federasie ) en die Tshwanemetroraad die restourering van die letters op die
Dit is vanjaar 170 jaar sedert die afsterwe van hierdie formidabele man op 23 Julie 1853 . Om hierdie datum te herdenk , het lede van die FAK-Graaff-Reinet-Kultuurnetwerk byeengekom vir ' n kranslegging by die Andries Pretoriusmonument in die Kamdebo Nasionale Park buite Graaff- Reinet . Die geleentheid is ook bygewoon deur Voortrekkers van die Oos-Kaap wat hierdie standbeeld as embleem op hul gebiedsvlag en Voortrekkerdrag dra .
35 AFRIKAANS