BOEKE
Titel Op pad na Grysberg
Samesteller Stefaans Coetzee
Uitgewer Naledi
Oor stofstorms , ' n waaghalsige reis , ' n uitverkorene en die liefde van ' n ma vir haar seun
Op pad na Grysberg is ' n roman wat nog lank in die leser se kop sal bly leef
Baie resensente noem Op pad na Grysberg ' n “ gewaagde ” of “ uitdagende roman ”. In sekere opsigte mag dit beslis die geval wees , maar hoe kan ' n publikasie misluk as 23 van die land se topskrywers elk ' n bydrae gee ? Dit het bykans dieselfde effek as wanneer al jou gunstelingsangers saam ' n liedjie sing – jy wil net oor en oor dit inneem .
Die skrywers het elkeen ' n rowwe skets van die verhaallyn en karakters gekry , en moes daaruit ' n hoofstuk van die verhaal skryf , sonder om mekaar se verhale vooraf te lees of te weet wat die ander geskryf het .
Wat hierdie roman nog meer van ' n sukses maak , is dat dit op so ' n wyse saamgestel is , dat dit voel soos een skrywer se stem deur die roman . Tog is daar hier en daar kenmerke van spesifieke skrywers herkenbaar – veral dié wat dit geniet om spanningsverhale te skryf . iets anders wat M kwel ... Haar enigste seun is weg . Sou hy werklik na Grysberg gaan soek het , die moeilike pad sonder haar aangedurf het ?
Die metaforiese aard van die verhaal is gepas . Dit laat die leser nadink oor die ruimte waarin die verhaal afspeel . Die verandering van omgewing is ook noemenswaardig – van ' n droë , stowwerige woestyn tot ' n groen woud met oormaat water . Hierdie kontraste speel veral ' n merkwaardige rol aan die einde van die roman .
Daar is beslis nie ' n oomblik in die boek wat die leser verveeld is nie . Die skrywer se hoofstuk volg spannend op die ander . As die leser besluit om hierdie roman te lees , moet hy / sy eers seker wees dat hulle genoeg tyd het – as ' n mens eers begin lees kan jy nie die boek neersit nie !
Op pad na Grysberg vertel die verhaal van M , ' n sterk vrou wat onderdruk word deur haar haglike omstandighede in die woestyn . Haar man Ari is ' n niksnut , die ander vroue is jaloers op haar en sy sukkel om haar daaglikse bestaan te voer deur die verskroeiende son en min water . Daar is egter
Kry die boek hier .
KLIK HIER om die video te kyk
Anneke Langner
AFRIKAANS
28