PROFIEL
** FroueVonds :
Want alles loop nie altyd reg nie
ns leef in ' n gebroke wêreld en die
OAfrikaner se pad was nog nooit gelyk nie . Ons praat altyd van “ agter elke man ”, maar die rol wat ' n vrou in die gemeenskap speel , word onderskat .
' n Vrou is die rugsteun van ' n gemeenskap . Solidariteit Helpende Hand is ' n organisasie geskoei op gemeenskapsontwikkeling en om Afrikanerarmoede aan te spreek . ' n Projek van Helpende Hand wat oor die laaste paar jaar groot opspraak gemaak het , is die FroueVonds-projek .
“ Gesonde vroue skep gesonde gesinne wat weer ' n gesonde gemeenskap skep ,” meen René Roux wat een van die medestigters van dié projek is . Net soos ons voorouers voor ons , het ons ystervroue in ons midde en het ons elkeen eintlik daardie iets wat ' n Afrikanervrou kaalvoet oor die Drakensberg sal laat stap .
Maar dinge loop die altyd reg nie en het enige vrou ook soms ' n ondersteuningsnetwerk nodig .
In ' n eksklusiewe onderhoud met die FAK , gesels ons met René oor haar passie vir vrouewelstand en die nuwe projek wat sy op die been gebring het .
Helpende Hand glo in holistiese welstand in alle projekte . Die FroueVonds is ' n projek wat spesi�ek fokus op vroueontwikkeling en welstand . # HelpHetta en die Susanna Smit Studiefonds is maar net ' n paar projekte waarmee die FroueVonds besig is om vroue en jong meisies te bemagtig om ' n gesonde en vervulde vrou te kan wees .
# HelpHetta
Die # HelpHetta-projek sorg dat duisende meisies van sanitêre ware en basiese higiëniese produkte voorsien word . Tans is daar 3500 meisies wat kwartaalliks versorg word deur dié projek .
Vir byna ' n week word ' n meisie se lewe stopgesit . Vir ' n jong meisie wat nie sanitêre ware het nie , beteken dit dikwels dat skool nie bygewoon word nie . Hierdie projek bemagtig meisies om hul skoolloopbaan te kan voltooi sonder om te veel skooldae te mis en so nog ' n verdere agterstand te hê .
Susanna Smit Studiefonds
Net soos Helpende Hand se rentevrye studiefonds , is daar ' n studiefonds spesiaal vir vroue om te kan studeer . Dié fonds is ' n “ pad oor die berg ” vir vroue wat nie kan bekostig om ' n tersiêre kwali�kasie te bekom nie .
René is egter besig met nóg ' n ongeloo�ike projek wat die FroueVonds se agenda is vir die volgende twee jaar .
René Roux
Die Vroue in Beweging
Op Vrouedag in Augustus word dié projek amptelik bekendgestel – die Vroue in Beweging .
Die vrou se skeppingsdoel lyk anders as ' n man s ' n . Sy is die hart van die huis en die pilaar van die gemeenskap . Dáárom is dit so belangrik dat die vrou bemagtig moet word . Die invalshoek van die Vroue in Beweging is egter nie feministies nie , maar laat die vrou se lot ook nie aan die patriargie oor nie .
Dit is FroueVonds , maar in die volgende rat . Vroue word in hul eie gemeenskappe bemagtig om ' n verskil te kan maak , maar word verder met die Vroue in Beweging ook bemagtig om as ' n sterker vrou na vore te kan tree .
René vertel dat haar wens vir die Vroue in Beweging is dat dit ' n lewe van sy eie sal kry . Sy , as voorsitter van die Vroue in Beweging , het ' n komitee saamgestel , sewentien instellings van die Solidariteit Beweging is reeds betrokke waar elkeen ' n oplossing binne sy bestaansrede kan bied .
Die vrou kan so �sies , emosioneel en op kultuurvlak ten volle bemagtig word en saam as een gemeenskap saamstaan om vir mekaar ' n netwerk te wees . Saam kan ons lag , huil , treur , troos en groei .
Die FAK is ook betrokke by dié inisiatief en ons is opgewonde om hierdie pad saam met Helpende Hand te stap om ons gemeenskappe gesond te maak .
** spelling is met opset verkeerd – dui op “ alles loop nie altyd reg nie ”
Marné Scholtz
Foto ’ s : Verskaf
27 AFRIKAANS