Joernaliste van oral in die wêreld vra gereeld die vraag : “ Hoekom ' n monument vir ' n soethappie ?” Om hierdie vraag te beantwoord , moet ons eers vertel van Kaalvoet , ' n vroueorganisasie op Orania .
Orania staan bekend daarvoor dat hulle nie mense van ander kulture misbruik om hulle werk , selfs moeilike fisieke werk , te doen nie . In Orania werk Afrikaners self en dit sluit die vroue in . Dit kan soms nogal ' n uitdaging wees !
In 2002 het ' n aantal vroue bymekaargekom en besluit dat ' n bietjie pret die lewe vroliker sou maak , maar dat die belangrike beginsels van Afrikanerskap behoue moes bly . Daar is veral gedink aan Susanna Smit se bekende ontmoeting met adv . Henry Cloete in Natal . Cloete het Natal in Augustus 1843 besoek met die opdrag om die anneksasie van Natal deur Brittanje te onderhandel . Natuurlik was die Trekkers hoogs ontevrede hiermee , want een van die hoofredes waarom hulle die Kaap verlaat het , was om weg te kom onder Britse oorheersing .
' n Groep van ongeveer 400 vroue het Cloete in ' n hofsaal in Pietermaritzburg ernstig die leviete voorgelees . Hulle het hulle standpunt duidelik gestel dat hulle nie te vinde was vir Brittanje se nuwe plan van oorheersing nie en dat hulle vryheid te kosbaar was . Cloete het later opgemerk dat dit verstommend was dat die vroue heeltemal te veel te sê gehad het en dat dit ' n skande was dat die Afrikanermanne hulle vroue soveel vryheid gegee het om te sê wat hulle wou . Hierdie was egter ' n voorbeeld van die beginsel van die gereformeerde oortuigings waarin die man sy eggenote inspraak gee in belangrike sake , hoewel hy steeds as die hoof van die gesin beskou is .
Dit is tydens hierdie geleentheid dat Susanna Smit baie duidelik aan adv . Cloete gesê het dat die Trekkers besef het dat hulle min aan die Britse oorheersing kon doen , maar dat hulle eerder kaalvoet oor die Drakensberg sou terugstap om in vryheid te sterf , want die dood was vir hulle beter as die verlies van vryheid . Dit is volgens hierdie sterk oortuiging wat die vroue van Orania die naam Kaalvoet gekies het , want dit verduidelik hoe sterk hulle oor vryheid voel en dat hulle bereid is om baie prys te gee ter wille van vryheid , veral vryheid vir hulle kinders .
het dit geblyk dat die kultuurvrou Johanna Raath baie jare gelede die voorstel gemaak het dat ' n monument vir die koeksister opgerig moes word omdat dit so ' n sentrale rol in Afrikanergeskiedenis gespeel het . ' n Terugblik wys ons dat daar dikwels nood was in Afrikanergeledere . Die vroue het telkens hulle verantwoordelikheid opgeneem en gedoen wat hulle kon om nood te verlig of om aan hulle gemeenskap te bou .
Afrikanervroue het dikwels as ' n groep bymekaargekom om koeksisters te bak om geld in te samel vir belangrike projekte in hulle gemeenskappe . So is kinderhuise , kerke , skoolsale en baie meer gebou met koeksistergeld . Ook is daar bygedra tot fondse vir gemeenskapsbehoeftes met koeksistergeld : kinders is byvoorbeeld universiteit toe gestuur , of daar is bygedra tot fondse wat Afrikaners bemagtig het . Hoe treffend is dit dat ' n aantal vroue bymekaarkom en elk ' n geringe bydrae lewer : die aanmaak van die deeg , die uitrol , sny en vleg van die koeksister , die diepbraai in warm olie en dan die dompeling in yskoue stroop . ' n Groepsaktiwiteit waar vroue elkeen hulle deel tot die gemeenskap bydra en almal se bietjies word uiteindelik baie .
Die Koeksistermonument kon in 2003 onthul word om ' n blywende simbool te wees dat dít die kultuur van Afrikaners is : As daar ' n behoefte in die gemeenskap is , kom Afrikaners bymekaar , neem verantwoordelikheid en doen wat nodig is . Elkeen se bydrae word geag , elkeen kan bydra en so werk almal saam tot die gemeenskap se voordeel .
Hoe antwoord ons dan die vraag oor die Koeksistermonument in Orania aan joernaliste ? “ Buite hoor ons dikwels die woorde : ' We demand ! We demand education , we demand housing , we demand food .' Afrikaners ' demand ' nie . Ons neem verantwoordelikheid . Ons bak koeksisters .”
Lida Strydom
* Lida Strydom woon sedert 1995 saam met haar gesin in Orania . Na haar onlangse aftrede bedryf sy ' n kwekery in Orania . Sy is die medeskepper van die Koeksistermonument .
Nadat Kaalvoet tot stand gekom het , moes daar ' n projek gekies word waarmee die vroue hulle “ swaarkry met lekkerkry kon klaarkry .” ' n Voorstel wat heelwat reaksie uitgelok het , was die voorstel om ' n Koeksistermonument op te rig . Aanvanklik is dit beskou as ' n humoristiese projek en die stadsvaders was bekommerd dat die wêreld vir Orania sou lag as so ' n monument te opsigtelik in Orania was . Nietemin , by nadere ondersoek
Die onthulling van die Koeksistermonument op Orania in 2003
Foto ’ s : Orania Beweging
AFRIKAANS
26