Flink Augustus 2023 54 | Page 30

KREATIEF

Hekel ' n handsak

Voorrade
Lion Brand 24 / 7 Katoen ( Gewig : 4 / medium - 186 jaart , 3.5 ons ) Ÿ Camel wol (# 761-124 ) – 3 tolle * ( ongeveer 290 g ) Ÿ Tapisserienaald
Grootte J ( 5,75 mm ) hekelnaald Ÿ Knoop om aan die bokant vas te maak ( opsioneel )
* Handsak benodig ' n volle 2 bolle wol . Handsak se bande en tossels vereis ' n derde bol wol wat verdeel word in twee bolle .
Mates
Ÿ Handsakbeursie ( sonder tossels ): 28,6 x 28,6 cm
Ÿ Bandhoogte : ongeveer 50,8 cm Ÿ 6 lb x 3,5 rye = 5 cm
Afkortings en woordelys kb – kortbeen so – slaan oor gs – glipsteek ks ( e ) – kettingsteek ( e ) lb – langbeen RK – regte kant st – steek sp – spasie gop – gare oor pen rouwees is soms om ' n mens se

Vkreatiwiteit en fyn aanvoeling vir estetiese waarde aan te wend in ' n ontspannende doenselfprojek . In hierdie hekelpatroon word jy stap-vir-stap verduidelik hoe om ' n sirkelvormige handsak te hekel . Dit is ' n lekker handsak vir strand toe gaan , uitstappies en dit is ' n kreatiewe geskenk !

Plaas ' n foto van jou handsak op sosiale media en deel dit met die FAK !
Hierdie patroon is geleen by : makeanddocrew . com
2LbGr – 2 dubbele hekelgroepering – gop , steek pen in die aangewese steek , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 ( 2 lusse op pen ). Gop , steek pen dieselfde steek in , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 lusse ( 3 lusse op pen ). Gop en trek deur al 3 lusse .
3 LbGr – 3 dubbele hekelgroepering – gop , steek pen in die aangewese steek , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 ( 2 lusse op pen ). Gop , steek pen dieselfde steek in , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 lusse ( 3 lusse op pen ). Gop , steek haak in dieselfde steek , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 ( 4 lusse op pen ). Gop en trek deur al 4 lusse .
4 LbGr – 4 dubbele hekelgroepering – gop , steek pen in die aangewese steek , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 ( 2 lusse op pen ). Gop , steek haak dieselfde steek in , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 lusse ( 3 lusse op pen ). Gop , steek haak in dieselfde steek , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 ( 4 lusse op pen ). Gop , steek haak in dieselfde steek , gop en trek ' n lus op , gop en trek deur 2 ( 5 lusse op pen ). Gop en trek deur al 5 lusse .
Algehele patroonnotas
Patroon word gewerk met twee stringe gare wat deurgaans bymekaar gehou word .
29 AFRIKAANS