Flink Augustus 2023 54 | Page 24

MER het bekendheid verwerf met die verskyning van haar jeugboek , Kinders van die Voortrek . Deur haar lewe het sy gereis en het later twee ere-doktorsgrade ontvang , een vir haar maatskaplike dienste en een vir haar letterkundige werke . Sy ontvang in 1952 die Hertzogprys vir prosa en in 1961 die Scheepersprys vir jeuglektuur .
Die FAK het in 1965 die eksklusiewe Erepenning vir Volksdiens aan haar toegeken .
Sarah Raal
Sarah Raal se verhaal vertel van ' n vrou met ' n leeuhart .
Gebore in die Vrystaat het sy haar staal gewys tydens die Anglo-Boereoorlog ( ABO ). Haar pa is gearresteer op aanklag dat hy die boere met voorraad voorsien het . Sy is alleen agtergelaat nadat haar ma en sibbe nooit teruggekeer het nadat hulle aankope gaan doen het nie en het sy besef hulle is waarskynlik na ' n konsentrasiekamp weggevoer .
Hier begin die verhaal van ' n ystervrou , die tipe wat jy kaalvoet oor die Drakensberg volg , want Sarah Raal het nie gewag dat sy gevang word nie . Vir maande het sy in die veld oorleef .
Sy is uiteindelik gevang en na Springfonteinkonsentrasiekamp gestuur . Hier het sy egter voortgeveg en later uit dié kamp ontsnap om saam met haar broers op kommando aan te sluit . Hier het sy deelgeneem aan die guerrilla-oorlogvoering en het gevangeneskap en die dood ' n hele paar keer ontduik .
Susanna Smit
Susanna Smit is bekend as die Kaalvoetvrou en is steeds vandag een van die Afrikaner se grootste inspirasies . Sy was die suster van die Voortrekkerleier Gerrit Maritz , vrou van eerwaarde Erasmus Smit , en het ' n groot rol onder die Voortrekkervroue gespeel as verteenwoordiger van die vroue in die Groot Trek .
Na afloop van die Groot Trek het ' n groep Voortrekkers hulself in Natal gevestig , maar dit was nie lank nie , of die Britse mag het dié streek ook in bewind geneem . In 1843 het Henry Cloete die streek in besit geneem . Hy was die kommissaris van Natal . mond . Ons het goed en bloed gegee om onder die gehate Britse vlag uit te kom , en al moet ons ook kaalvoet en blootshoof oor Drakensberg loop , sal ons onder die vlag nie berus nie .”
Verseker ' n ikoon en rolmodel .
Johanna Brandt
Johanna Brandt was tydens die Anglo-Boereoorlog ( ABO ) ' n spioen wat gesorg het dat die ware nuus van die oorlog die buiteland bereik . Sy en haar moeder het ' ְ n uiters suksesvolle spioenasiering reg onder die Britte se neuse gedryf .
Wie sou nou twee hulpelose vroue van so iets verdink ?
Johanna en haar moeder het in
Europa getoer , waar sy haar man , Louis Ernst Brand , ' n Hollandse Hervormde dominee ontmoet het . Dit het net voor die oorlog plaasgevind . Dit is egter dié Nederlandse kontak wat hulle ' n lyn na Europa gegee het om nuus oor die gebeure in die oorlog deur te voer .
Sy het tydens die ABO as vrywilliger by die Irenekonsentrasiekamp as verpleegster gewerk . In 1901 is die verpleegsters uit die kamp verban en het sy weer by haar moeder gaan woon . Die spioenasiering het begin toe hulle besef het hul briewe aan Ernst en haar suster in die Kaap word gesensor .
Toe begin die avonture .
Johanna se lewe en avonture kan boekrolle volmaak – en het al ! Hierdie is maar net ' n kort oorsig van haar lewe . Die storie van ' n vrou wat nie toegelaat het dat sy gesensor word nie .
Daar het jy dit .
Soms moet mens gaan soek vir inspirasie rondom jou , maar dié vroue het verseker nie vir hulle laat voorsê deur ' n man nie .
Marné Scholtz
Smit en 400 ander vroue het die voortou geneem en dit is tydens ' n onderhoud met Cloete wat Smit haar nalatenskap agtergelaat het . Haar bekende woorde , wat vandag steeds so inspireer , het sy hier geuiter : “ Meneer Cloete , al die mooie beloftes wat hier gedaan is , smaak soos aloem in die
23 AFRIKAANS