060 933 7515
Samesprake Monoloë uiletyd @ gmail . com
AFRIKAANSE DRAMA is ' n Fees !
“ Afrikaans leef en daarom kan ons onsself uitleef !” So vertel Sarina Dönges , skrywer , dramaturg en organiseerder van die immergewilde Moot Dramafees .
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Moot Dramafees wat op 30 Oktober vanjaar afskop en oudergewoonte beloof dié opwindende fees ' n behoorlike viering van die kunste te wees en die kersie op die koek – Dit is Afrikaans .
Die Moot Dramafees in samewerking met die FAK-Moot- Kultuurnetwerk is in 2019 begin met ' n handjievol deelnemers . Verlede jaar is meer as 100 inskrywings ontvang vir onder meer redenaars , gedramatiseerde poësie , prosa en samespraak .
Die Moot Dramafees is ' n projek wat onder leiding van Dönges aangebied word en sy sê dié fees getuig van die kaliber talent wat Afrikaanse mense het .
“ Daar is werklik so baie voordele aan drama ,” sê sy . “ Die waarde van die kunste is onmeetbaar – dit gee ' n kind wat gesien word as ' n ' skametjie ' die selfvertroue om te blom en vir die hanser kind gee dit ' n platform om hulself in uit te leef , maar belangriker nog is dat dit getuig van die ongeloo�ike talent wat ons land se jongmense het en daarom is die Moot Dramafees vir my van onskatbare waarde .”
Dönges vertel dat daar nog altyd ' n gaping in die mark was vir plaaslike kuns- en dramakompetisies en dié behoefte het uiteindelik die saadjie geplant vir hierdie dramafees .
Met die aanloop tot die Moot Dramafees bied Dönges ( Uile Dramaskool ) saam met dr . Celia van den Berg ( Sweef Dramastudio ) op 7 Oktober 2023 ' n interaktiewe Skryfwerkswinkel aan vir jongmense wat hul poësievernuf op die proef wil stel en hul potlode wil slyp om hulself skerper uit te kan leef in hul taal . Dit is beslis ' n kans wat jy nie deur jou vingers moet laat glip nie !
Maak skerp jou potlood en strek jou kreatiwiteitspiere en kom sluit aan by die Skryfwerkswinkel !
Inskrywings vir die Moot Dramafees sluit op 31 Augustus en skole en individue kan direk by Dönges navraag doen . Kontak uiletyd @ gmail . com of bel haar gerus op 060 933 7515 . Kontak haar ook gerus vir meer inligting oor die opkomende skryfwerkswinkel .
DRAMATEKSTE te koop
Kontak : Sarina
060 933 7515
LS
Toneelstukke Samesprake Monoloë Gedigte Poppekasstories
HS
Samesprake Monoloë uiletyd @ gmail . com
AFRIKAANS
24