Opgelei in kommunikasie en maatskaplike werk , het sy haar weg gevind na die Buro van Inligting , waar sy opgetree het as skakelpersoon vir buitelandse gaste . Sy het in 1989 by die Suid-Afrikaanse Vloot aangesluit en as skakelbeampte in Simonstad gewerk . Sy het van 1993 af by die Vloothoofkwartier in Pretoria as Stafoffisier 1 belas met mediaskakeling gewerk .
Sy het die hoogste kwalifiseringskursus in die Suid- Afrikaanse Weermag , die Uitvoerende Nasionale Sekuriteitsprogram , in 2003 voltooi nadat sy na die rang van kaptein , wat in die Suid-Afrikaanse Vloot gelykstaande aan ' n kolonel is , bevorder is . In Januarie 2004 het sy die bevelvoerder van die Suid-Afrikaanse Vlootkollege geword ; die eerste vrou wat permanent in hierdie posisie aangestel is .
Esther Brand
In 1952 het Esther Brand geskiedenis gemaak deur die eerste vroueatleet te word wat ' n goue medalje by die Olimpiese Spele kon wen . Dié Spele het plaasgevind in Helsinki en sy behou steeds die titel vir enigste Suid- Afrikaanse vrou wat ' n goue medalje in hoogspring kon verwerf .
Sy was vir ses dekades die enigste vroueatleet wat ' n goue medalje verwerf het totdat Caster Semenya in 2012 met die goud weggestap het vir die vroue 800 m .
Met ' n hoogte van 1,67 meter in hoogspring het sy die goud gewen . Destyds het atlete nog die skêrstyl gebruik ; dit was eers in 1968 wat Dick Fosbury ' n rewolusie in hoogspring veroorsaak het met die Fosbury Flop , wat deesdae deur alle hoogspringatlete gebruik word .
Esther het ook Suid-Afrikaanse titels in gewigstoot en skyfwerp gewen .
Desiré Wilson
Vir die F1-kykers mag hierdie naam dalk bekend wees . Desiré Wilson is die eerste en enigste vrou wat ' n Formule 1-wedren gewen het .
Desiré Wilson ( gebore Randall ) is op 26 November 1953 in Brakpan aan die Oos- Rand gebore en is een van net vyf vroue wat aan Formule 1 deelgeneem het . Nadat ' n borgskap in Suid-Afrika skeefgeloop het , is sy Engeland toe , maar politiek en vyandigheid van manlike renjaers het haar loopbaan gekniehalter . In 1980 het sy vir een wedren
met ' n Williams FW 07 ingeskryf , maar sy kon nie kwalifiseer nie . Die volgende jaar het sy die geleentheid gekry om met ' n Tyrrell aan die Suid-Afrikaanse Grand Prix op Kyalami deel te neem . Hierdie wedren het egter nie vir die kampioenskap getel nie , as gevolg van interne politiek in motorsport . Sy het in die sestiende plek weggespring en opgang gemaak terwyl dit gereën het , maar per ongeluk in ' n muur vasgejaag en uitgesak .
Sy het egter ' n wedren in die Britse Aurora-kampioenskap van 1980 gewen . Dit was ' n Britse Formule 1-kampioenskap wat net oor vier jaar aangebied is en geen invloed op die wêreldkampioenskap gehad het nie . Sy het die wedren op die Brands Hatch-renbaan in ' n Wolf WR 4 , wat toe al vier jaar oud was , gewen . Na hierdie oorwinning is ' n hoofpawiljoen op Brands Hatch na haar vernoem .
Elma Smit
Elma Smit was die eerste vroulike ankeraanbieder op SuperSport Rugby .
Haar joernalistieke loopbaan het as omroeper op kampusradio begin , en in 2007 het sy mede-aanbieder van die program Studio 1 op die televisiekanaal MK geword . In 2010 het sy as assistentmusiekopsteller by 5FM gewerk en ' n nagprogram aangebied . In 2011 het SuperSport ' n kompetisie uitgeskryf waarin daar na die eerste vroulike rugby-aanbieder gesoek is , en Elma is gekies . Die beoordelaars was Naas Botha , asook die mediapersoonlikhede Darren Scott , Ashley Hayden en Elana Afrika-Bredenkamp . Elma se eerste opdrag was om die Wêreldbekertoernooi daardie jaar in Nieu-Seeland aan te bied . Sy was , saam met onder meer Riaan Cruywagen en Pierre Breytenbach , deel van die span wat kykNET se ontbytprogram Dagbreek aangebied het . Sy was vir lank ook ' n radio-omroeper wat saam met Martin Bester op Jacaranda FM gehoor kon word . Benewens rugby is sy ook ' n krieketliefhebber en sy het die Wêreldbekertoernooi in Engeland in 2019 vir SuperSport gedek . Deesdae is sy aangestel by Whisper in die Verenigde Koninkryk , waar sy tans woonagtig is .
Maria Elizabeth Rothman ( MER )
Maria Elizabeth Rothman ( MER ) is bekend as skrywer en joernalis . Sy is een van die eerste vroue wat in Suid-Afrika ' n BA-graad verwerf het .
Sy is een van die mees geliefde skrywers in die Afrikaanse letterkunde en bly vandag steeds ' n rolmodel . Sy is ook die eerste vrou wat as redaktrise van ' n dagkoerant aangestel is . In 1922 is sy aangestel as die eerste vrouereadaktrise vir Die Burger .
AFRIKAANS
22