Flink Augustus 2023 54 | Page 22

GESKIEDENIS
Om ' n

VROU TE WEES

in ' n man se wêreld s ' n jong dogtertjie het ek altyd

Aopgekyk na al die heldinne in ons kinderflieks wat met soveel passie en dapperheid die skurke uitgedaag en dan gered het . Dit laat jou voel of jy ook enige iets kan doen – selfs die wêreld verander . Intussen het ek ook geleer dat daar soveel inspirasie op eie bodem te vinde is en dat hier , te midde van ons eie mense , ystervroue rééds die wêreld verander het .

Dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar , kan iets wees waarvoor ons voorouers moes veg . Om te kan stem , is dalk een van die belangrikste voorbeelde hiervan en dit is te danke aan vroue wat in ' n man se wêreld ' n verskil gaan maak het . Dit is hoogtyd dat ons Afrikaanse jongmense ook deur ons plaaslike heldinne , ystervroue , pioniers en toonaangewers geïnspireer word , want dáárvan het ons geen tekort nie .
Stap saam met my , ons het ' n paar interessante vroue om in dié artikel te ontmoet .
Leila Agnes Buissinné Reitz ( née Wright )
Leila Reitz is die eerste vrou wat tot die Volksraad verkies is .
Vroue het op 27 Januarie 1932 vir die eerste keer die geleentheid gehad om hul stemreg uit te oefen en Leila Reitz was een van die kampvegters vir vroulike stemreg . In 1933 is Reitz tot die Volksraad verkies en het die Parktownkiesafdeling in Johannesburg verteenwoordig . Sy is weer tot hierdie posisie verkies en het hierdie setel behou tot 1943 .
Sy het deurlopend in haar loopbaan vir vroueregte gestaan en was ook ' n voorstander van tersiêre opleiding vir vroue .
Leonora van den Heever
Leonora van den Heever was die eerste vrou wat in Suid-Afrika as appèlregter aangestel is .
Na haar skoolloopbaan het sy deeltyds LLB aan die Universiteit van die Vrystaat studeer . Sy is as advokaat toegelaat in 1952 . Daarna is sy tot die Vrystaatse balie toegelaat . In 1968 het sy ' n senior advokaat geword en sy is in Kimberley as advokaat aangestel . Sy het in 1979 deel van die bank van die Kaapse Provinsiale Afdeling geword en van 1982 tot 1985 was sy deel van die appèlhof van Bophuthatswana . In 1991 was sy die eerste vroulike regter wat permanent by die appèlafdeling van die Suid-Afrikaanse Hooggeregshof aangestel is .
Gedurende haar leeftyd het sy talle toekennings ontvang , onder meer die Kanseliersmedalje van die Universiteit van Pretoria in 1996 , gevolg deur ' n ere-LLD-graad aan die Universiteit van Stellenbosch die volgende jaar .
Lilla du Preez
Praat van ' n vrou in ' n man se wêreld – Lilla du Preez is die eerste vroulike bevelvoerder van die Suid- Afrikaanse vloot .
21 AFRIKAANS