Die galerybestuurder , Marize Möller , het op haar beurt gesê sy is besonders opgewonde oor hierdie uitstalling omdat dit Suid-Afrikaanse kuns aan ' n groter gehoor blootstel .
“ Hierdie nuwe galery in die VTM bied ' n fantastiese geleentheid vir ons kunstenaars om hul kuns aan al die VTM se internasionale besoekers te kan blootstel . Ons plaaslike kuns is van uitstaande gehalte en dit maak mens baie trots om te weet dat hierdie uitnemendheid nou met die wêreld gedeel kan word ,” het sy vertel .
Sy het verder vertel dat die Kundramus- ( wat ' n samevoeging is van die woorde “ kuns , drama en musiek ”) galery ontstaan het uit ' n behoefte vir kunstenaars om hul kuns te kan uitstal , daarom is die feit dat dit juis in die VTM , die Suid-Afrikaners se Kultuurtuiste , gestalte kon kry besonders betekenisvol .
“ Wanneer jy kyk na die geskiedenis en die pad wat die Voortrekkers gestap het , was dit nooit maklik nie , maar dit is juis hul opofferings wat vir die Afrikaner die lewe gebou het wat ons vandag het ,” het sy uitgebrei .
“ Ek dink mens kan amper dieselfde na hierdie kunstenaars kyk wat pioniers in hul eie reg is . Dit is met hulle deursettingsvermoë wat Suid- Afrikaanse kunste ontwikkel is tot wat dit vandag is .”
Wanneer mens teruggaan in tyd en jy kyk na ons Afrikaanse kunsgeskiedenis , met formidabele kunstenaars soos Maggie Laubser , Bettie Cilliers-Barnard , Pierneef , Coert Steynberg en Elize Johnsen , word dit net weer duidelik dat kuns al vir jare die spieëlbeeld van die Afrikaner se geskiedenis is en daarom is dié nuwe galery in die Voortrekkermonument iets wat almal moet sien .
FC Pelser
K U N S G A L E R Y
AFRIKAANS
20