KULTUURTUISTE
DIE FAK GEE KUNS ' N TUISTE by die Voortrekkermonument
Kundramus-kunsgalery in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument
ie Federasie van Afrikaanse
DKultuurvereniginge ( FAK ) pak jaar na jaar verskeie projekte aan om die Afrikaanse kunste , kultuur en geskiedenis te bevorder . Vanjaar het die organisasie ook kragte saamgespan met ' n groep plaaslike kunstenaars en die Voortrekkermonument ( VTM ) om eg-Suid- Afrikaanse kuns by die monument te bevorder .
Die VTM vertel al vir jare die Afrikaners se verhaal met verskeie uitstallings wat oor die geskiedenis heen ons erfenis vasvang . Vanjaar word dié unieke erfeniservaring nóg meer uitgebrei met ' n geskiedkundige kunsuitstalling wat in die VTM tuiste gekry het .
Die Voortrekkermonument se Senotaafsaal is verlede jaar tydens Gelofteweek vir die eerste keer in die geskiedenis omskep in ' n kunsgalery waarin die werk van ons land se topkunstenaars gesien kon word .
Vanjaar het die VTM in samewerking met die FAK besluit om ' n permanente tuiste te skep vir hierdie kunstenaars en só die uitstekende plaaslike kuns aan ' n internasionale gehoor bloot te stel .
Kobus Möller , een van die kunstenaars wie se kuns hiér by die Kundramus-galery uitgestal word , het vertel dat hy baie uitsien daarna dat eg-Suid-Afrikaanse kuns ook nou kan koning kraai by die VTM .
“ Tydens die Covid-19-pandemie het baie kunstenaars swaargekry en was dit baie moeilik om uitstallings te hou , so ons is besonders dankbaar vir die VTM en dr . Danie Langner wat nie gehuiwer het om ons hier te akkommodeer nie ,” het hy vertel .
Elsa Cornelissen , Lute Vink , Dawie Fourie , Nic Grobler , Sanette Boshoff , Gerrit Pitout , Pieter Wentzel en Piet Smit se werk word ook hiér uitgestal .
19 AFRIKAANS