Flink Augustus 2023 54 | Page 19

NUUS
Word ' n
VTM-VRIEND klik hier

Grietjie Prinsloo word onthou

Die Grietjie Prinsloo-beeld in die Historiese Trekroetetuin van die Voortrekkermonument
an die begin van Vrouemaand is ' n

Aeerste-van-sy-soort-vrouebeeld , ter nagedagtenis aan die Voortrekkerheldin Grietjie Prinsloo , in die Voortrekkermonument se Historiese Trekroetetuin onthul .

Tydens die bloeddorstige aanval op ' n Voortrekkerlaer langs die Bloukransrivier in 1838 , het die 16-jarige Prinsloo 26 assegaaisteke opgedoen én dit oorleef , en vandag , 185-jaar later , is dié jong Afrikanerheldin met ' n beeld in die VTM se Trekroetetuin vereer .
Dr . Danie Langner , besturende direkteur van die VTM , sê hierdie beeld getuig van die Voortrekkervrou se veerkragtigheid en die kan-kultuur wat onder die vroue geheers het .
“ Die beeld is eintlik ' n getuienis van die krag van die Afrikanervrou wat uit geweld uit opgestaan het en onder verskriklike tragiese omstandighede opgestaan , gesond geword en aangegaan het . Met hierdie beeld wil ons hulde bring aan die durf en die daadkrag van ons vroue .”
Catharina Margaritha ( Grietjie ) Prinsloo was een van net ' n paar oorlewendes van die moordaanval by Bloukrans deur Dingaan se krygers .
Sy was een van die Voortrekkers en is 26 keer met ' n assegaai gesteek en vir dood agtergelaat . Sy het ten volle herstel . Behalwe vir twee of drie , is al haar familielede tydens hierdie aanval uitgemoor . Daar word vertel dat sy op daardie stadium tussen dertien en vyftien jaar oud was . Daar word gesê dat sy ' n suster van JJP Prinsloo ( Joggem Tweeduim ) was . Grietjie was getroud met Marthinus Johannes Prinsloo , ' n broerskind van Hendrik Prinsloo van Slagtersnek . Volgens die Vrystaatse Voortrekkerboek is twee van haar kinders daar gedoop , naamlik Martha Louisa Prinsloo ( 27 Februarie 1845 ) en Johanna Fransina Petronella Prinsloo ( 26 Februarie 1847 ). Haar eggenoot is op die plaas De Wagensdrift begrawe , maar daar was geen sterftekennisgewing nie en sy graf is nie aangedui nie . Grietjie is op die plaas De Tweedespruit begrawe nadat sy op 6 Februarie 1888 in die ouderdom van 65 oorlede is .
Die Grietjie Prinsloo-beeld word onthul in die Historiese Trekroetetuin van die Voortrekkermonument
KLIK HIER om na die video te kyk
FC Pelser
Foto : FC Pelser
AFRIKAANS
18