Flink Augustus 2023 54 | Page 18

“ Beskeie waag ek vanaand ' n gedig oor jou . Nee eintlik vir jou ,” – vir die vrou .
RUBRIEK

Die vrou se rol in ' n moderne samelewing

tussendeur haar “ regte werk ” my en my suster deur elke dag kon kry . Huiswerk , kos , kamer skoonmaak , leer vir toetse , sportbyeenkomste , toneelfeeste , noem dit en my ma was daar , alles terwyl sy honderde ander balle in die lug moes hou .
' n Amerikaanse joernalis het eendag vir Maya Angelou , ' n Amerikaanse digter en aktivis , gevra “ wat maak ' n vrou spesiaal ” en haar antwoord was eenvoudig : “ Ons kan baie nederlae teëkom , maar ons moet nie verslaan word nie .” So het sy die wese van ' n vrou vasgevang – Vroue is vasbyters en hoewel daar , selfs in ' n moderne samelewing , baie struikelblokke is , is dit vroue wat die wêreld aan die gang hou .
“ Beskeie waag ek vanaand ' n gedig oor jou . Nee eintlik vir jou ,” – vir die vrou .
Tydens die vierde VN-Vrouekonferensie in Beijing het die Kanadese politikus Sheila Finestone gesê : “ Ons moet vroue bemagtig en hul keuses uitbrei . Ons moet die diversiteit van vroue respekteer en waardeer . Ons moet erken dat sommige vroue bykomende hindernisse tot gelykheid in die gesig staar as gevolg van hul ras , etnisiteit en godsdiens .”
Dit klink dalk of hierdie aanmerking vanjaar gemaak is , maar die waarheid is dat Firestone dit reeds in 1995 gesê het , en 28 jaar later debatteer mense steeds oor die rol van die vrou in ' n moderne samelewing .
Om as ' n man ' n opinie uit te spreek oor die rol van vroue in ' n moderne samelewing is moeilik , want ek is nie ' n vrou nie , maar ek ken ' n hele paar voorslag vroue , so beskeie waag ek nou ' n artikel oor jou , nee eintlik vir jou , vir dié vrou .
Ek het grootgeword in ' n baie tradisionele huis ; my pa was in die Lugmag en my ma het haar jongmenslewe afgeskop as menslikehulpbronbestuurder by ' n hospitaal in Rustenburg . Vandag is ek 32-jaar oud en my ma is ' n besigheidsvrou in Centurion – sy doen druk- en borduurwerk vir groot maatskappye se uniforms en só het sy en my pa dit reggekry om twee kinders deur skool en universiteit te sit sonder om enige iets prys te gee . My ma is daai vrou wat alles was ; sy was ' n tuisteskepper wat
Mens hoor dikwels gesprekke oor die rol van ' n vrou – is dit in besigheid , is dit by die huis ? Caterina Fake , ' n Amerikaanse entrepreneur en sakevrou en medestigter van die webwerf Flickr , meen hierdie debat is bog : “ Die suksesvolste entrepreneurs wat ek ken , is optimisties . Dit is deel van die posbeskrywing ,” en dit is met hierdie optimisme wat vroue al vir soveel jare dag na dag soveel verskillende hoede kan aansit .
“ Vroue het die vermoë om almal rondom hulle te ondersteun en te beskerm , alles terwyl hulle self met hul dagtake aangaan , so waarom moet ' n vrou kies ? Wees ' n besigheidsvrou én ' n ma , wees ' n sportster en ' n eggenoot , wees wat jy wil wees , want jy is vrou .”
Maar hoe kan ' n vrou dit regkry om alles te doen wat sy graag wil ? Marissa Mayer , sakevrou en hoof- uitvoerende beampte van Yahoo meen dit is juis uitdagings wat mens laat floreer : “ Ek het altyd iets gedoen waarvoor ek ' n bietjie nie gereed was nie . Ek dink dit is hoe jy groei . As daar daardie oomblik is van ' Sjoe , ek is nie regtig seker ek kan dit doen nie ,' en jy druk deur daardie oomblikke , is dit wanneer jy ' n deurbraak maak .”
Die uitdagings van die moderne vrou is baie , maar dit is met uithou én ' n sterk ondersteuningsbasis wat enige vrou dit kan regkry om die uitdagings van die lewe vierkantig in die oë te kyk en onstuitbaar vorentoe die toekoms in te beur .
“ Wees wie jy wil wees , dis dit .” – Maya Angelou
FC Pelser
17 AFRIKAANS