Flink Augustus 2023 54 | Page 17

Akademia-alumnus : “ Droom gróót , want drome word waar ”

“' n Dogtertjie met ' n droom word ' n vrou met ' n visie ,” aldus Akademia-alumnus , Marilie Louw .
Vir dié alumnus , wat in 2022 die BCom- ( Ondernemingsbestuur ) kwali�kasie by wyse van die nauurse afstandsmodel voltooi het , was ' n kleintyddroom van besigheidsukses die motivering wat sy nodig gehad het om skouer aan die wiel te sit . Vandag staan sy haar plek in die besigheidswêreld vol as projekbestuurder én menslikehulpbronbestuurder . Eersgenoemde rol is in die gewilde Maak my ' n Miljoenêr : Entrepreneur van die Jaarkompetisie wat eersdaags op VIA-tv verskyn , en die tweede by Imbokodo – ' n ingenieurs�rma bestaande uit ' n netwerk van 32 aktiewe professionele ingenieurs .

’ n Droom , maak nie saak hoe klein of groot nie , gee jou daardie ekstra motivering om jou verantwoordelikhede én uitdagings aan te pak .

So meen Louw en voeg by dat elke smakie van sukses haar opgewonde maak om nóg groter te droom . Sy vertel dat haar ouers hierdie ingesteldheid by haar gekweek het , en dat sy by hulle geleer het dat sukses nie ' n vervaldatum het nie . teendeel bewys , naamlik dat jy deur studie en selfontwikkeling jouself só kan posisioneer om aan die stuur van jou eie welvaartskepping te staan .
As dit kom by die vaardigheidsmondering van ' n entrepreneur , meen Louw dat ' n leergierige gees , ' n positiewe ingesteldheid , aanpasbaarheid en onwrikbare deursettingsvermoë van kardinale belang is . “ Ek sal altyd dankbaar wees teenoor Akademia vir die leiding en ontwikkeling wat ek as student ontvang het . Vandag kan ek hierdie vaardighede aan ander oordra en vir seker wéét dat ek , soos my alma mater , ' n bydrae lewer tot die ontwikkeling van beide die denke en die hart ,” sê Louw .
2024-studieaansoeke om BCom ( Ondernemingsbestuur ) voltyds op die Centurion-kampus óf nauurs via afstandsonderrig te studeer is nou oop .
Vandat Louw kan onthou , wou sy deel wees van ' n dinamiese werksomgewing binne die besigheidsektor , en het ' n bestuursrol vir haar ' n magiese bekoring ingehou . Gedrewe deur dié vooruitsig het sy vir BCom ( Ondernemingsbestuur ) ingeskryf en die res is , soos hulle sê , geskiedenis . Sy is dit eens dat hierdie kwali�kasie haar voorberei het met die nodige kundigheid om vandag haar rol as projekbestuurder vol te staan , terwyl die opsie om nauurs te kon studeer haar gehelp het om die nodige ervaring op te bou terwyl sy studeer het .
Entrepreneurskap is iets wat Louw na aan die hart lê , nie net vanweë haar betrokkenheid by die Millionaire at 22-inisiatief van haar verloofde , Albert van Wyk nie , maar ook omdat sy op ' n daaglikse basis sien en ervaar hoe entrepreneurs sukses behaal . Dié sukses gaan egter sonder uitsondering gepaard met harde werk , slim besigheidstrategieë en doelgerigtheid .
“ Ek is baie opgewonde oor die toekoms , want danksy entrepreneurskap is daar ' n besliste ommeswaai besig om plaas te vind ten opsigte van �nansiële vryheid en die manier waarop veral die jeug na die wêreld van werk kyk ,” verduidelik Louw . Sy vertel dat mense in die verlede geglo het dat hulle moet studeer om ' n werk te kry en om sodoende ' n lewe vir hulself te maak . Vandag word die
Marilie Louw staan haar plek in die besigheidswêreld met selfvertroue vol en meen dat drome en gehalte kwali�kasie as ' n wegspringplek vir die toekoms moet dien .
AFRIKAANS
16