Flink Augustus 2023 54 | Page 14

STORIES

EEN VROU , vele rolle

p 23 Junie 2023 is ' n splinternuwe

Omuseumteater by die Erfenisstigting geopen . Dit is die eerste museumteater in Suid-Afrika en word boonop uit die oogpunt van die Afrikanervrou vertel . Die museumganger gaan op reis deur die Afrikanervrou se opstaan oor die eeue .

Elke vrouekarakter vertel die verhaal van swaarkry in verskillende omstandighede . In elke era is daar egter een aspek wat konstant bly : die vrou se innerlike krag en veggees om elke hekkie te oorkom en ' n toekoms vir haar kinders te verseker .
Wat hierdie teaterstuk nog meer merkwaardig maak , is dat dit ' n enkele aktrise is ( Karla Hoogendoorn ) wat elkeen van die vrouerolle vertolk . Die FAK het in die gees van Vrouemaand by Karla gaan inloer om meer uit te vind oor die vrou se hart in elke era .
In die eerste vertrek ontmoet die gehoor die boeremeisie wat na haar afgebrande plaashuis terugkeer na die Anglo-
Boereoorlog . Haar pa is ' n gevangene op Ceylon en haar ma het waarskynlik in die konsentrasiekamp gesneuwel . Sy gaan sit egter nie in sak en as nie . Inteendeel , sy skryf aan haar pa dat daar ' n oes sal wees wanneer hy terugkom . Ten midde van ondenkbare omstandighede vind sy steeds ' n weg uit die ashoop . “ Dit is ' n moeilike , maar baie inspirerende rol om te vertolk ,” sê Karla . “ Sy is dalk my gunstelingkarakter , omdat sy nie opgee nie , ten midde die omstandighede .”
In die tweede vertrek speel Karla as die “ donkie ” – die skoolmeisie wat donkieore as straf moet dra omdat sy Afrikaans praat . Afrikaanse vroue het ' n lang taalstryd geveg voor die eerste proefskrif in Afrikaans gepubliseer kon word . Die donkie is vir Karla ' n lekker karakter om te speel . Sy geniet die aksent . “ Dit maak my trots om my in te kan inleef om te sien hoe trots mense op hulle taal was ,” vertel sy .
In die mynvertrek beleef die gehoor die swaarkry en armoede van Afrikanervroue , maar steeds verloor hulle nie hoop nie en glo nog in ' n toekoms vir hul kinders . “ Hierdie toneel herinner my baie aan sterk vrouefigure in my lewe ,” vertel Karla .
13 AFRIKAANS