“ Vroue wat hard werk om ' n toekoms vir haar kinders te skep . Hierdie karakter is ' n vrou wat hard werk .”
Dit is ook na hierdie vertrek waar daar ' n werklike toename in karaktergroei plaasvind soos die Afrikanervrou se opbou begin seëvier .
“ Die Ossewabrandwag-vertrek herinner mense dat vrou nie op hulle hande gesit het nie ,” sê Karla . “ Vroue het ' n stem gehad en werklik iets probeer verrig .” Die gehoor word deel van ' n interaktiewe geheime vergadering waar vroue se werk agter die skerm ontbloot word .
In die staatsdienssekretaresse se kantoor leer die gehoor die rol wat die vrou in die land se bouprojekte en in die amp gespeel het . Die suksesse wat gelys word , is werklik merkwaardig . “ Die moeilikste aspek vir my van hierdie toneel is om ongeïnteresseerd te lyk ,” vertel Karla . “ Ek kan nie eintlik help om trots te voel op wat Suid-Afrika alles in daardie tyd bereik het nie .”
Die musiekkamer is die gehoor se gunstelingvertrek . “ Musiek bring mense saam . Baie mense se gunstelingjuffrou is ook die musiekjuffrou . Musiek lig mens se gemoed op ,” sê Karla . In hierdie vertrek leer die gehoor oor Afrikaanse musiek en ook Afrikaanse vrouemusiekpioniers . Die gehoor kry ook dan ' n kans om saam te sing en saam te lag .
“ Ek het nie geweet vroue kon ook by die weermag aansluit nie ,” vertel Karla oor die Grensoorlog-kamer in die 1980 ' s . In hierdie vertrek word die gehoor by ' n gesin se sitkamer ingenooi en oor die radio heers die atmosfeer van die Grensoorlog . Die gehoor ontmoet die karakter wat naweekpas gekry het van die Vroue-leërkollege in George en sy vertel oor haar ervaringe by die weermag .
In die voorlaaste vertrek ontmoet die gehoor ' n bekende gesig . Omstandighede wat baie mense se werklikheid is . Die plaasvrou vertel wat daardie een wrede Sondag met haar man gebeur het ... Dit laat die gehoor ook nadink oor die vroue wat agterbly op die plase soos in die eerste toneel . “ Hierdie karakter en toneel is beslis vir my die moeilikste ,” vertel Karla . “ Baie mense kan hiermee identifiseer of het dit al self beleef .”
Dit is vir Karla moeilik om ' n gunstelingkarakter tussen al die baie sterk vroue te kies . As sy moes , is dit tussen die Ossewabrandwag-vrou of die boeremeisie in die eerste vertrek . “ Die Ossewabrandwag-vrou verteenwoordig ' n vrye wil en ' n stem . Die boeremeisie in die eerste vertrek gee nie op nie – sy verloor nie hoop nie . Albei karakters inspireer my .”
Anneke Langner
Foto ’ s : Gerhard Pretorius
AFRIKAANS
14