musiek maar nadat sy vyf Afrikaanse albums vrygestel het , is sy in die ouderdom van 38 jaar in ' n motorongeluk oorlede . Lindie Roux het as kinderster bekendheid verwerf toe sy in die rolprent Hoor my lied te sien was , maar hoewel sy ' n paar albums , onder meer een saam met Pietie Meyer , in haar tienerjare opgeneem het , het sy besluit om nie ' n sangloopbaan te volg nie .
1970 ' s
In 1967 het Carike Keuzenkamp ' n groot treffer met “ Timothy ” gehad en twee jaar later is haar eerste oorwegend Afrikaanse album , Almal se keuse , vrygestel . Dit was die begin van ' n loopbaan wat oor vyf dekades sou strek . Mynie Grové was een van die min
Carike Keuzenkamp
Afrikaanse sangeresse wat ook ' n liedjieskrywer was . Nadat sy ' n lid van die Claude Larson-sangers was en saam met haar destydse man , Jan Grové , gesing het , het sy sukses as solokunstenaar behaal en onder meer een van die beste kinderalbums tot nog toe vrygestel . Sonja Herholdt het ' n legende geword toe “ Ek verlang na jou ” ' n treffer geword het . Sy en Anton Goosen was ' n wenkombinasie aangesien Anton ' n spul van haar treffers geskryf het . Laurika Rauch se toetrede tot die musiekbedryf het saamgeval met die Musiek-en-Liriekbeweging van 1979 ; sy is na meer as veertig jaar steeds aktief in die musiekbedryf .
1980 ' s en 1990 ' s
Rina Hugo
Anneli van Rooyen
Drie voormalige wenners van die ATKV Crescendo-kompetisie het in die 1980 ' s tot die musiekbedryf toegetree . Rina Hugo was ' n lid van die Alabamastudentegeselskap en het aanvanklik eers klassieke musiek gesing voordat sy haar eerste Afrikaanse album opgeneem het . Anneli van Rooyen se loopbaan van 25 jaar het in 1980 begin ; sy het die een treffer na die ander opgelewer en word vandag as ' n legende van Afrikaanse musiek beskou . Karin Hougaard se musiek was aanvanklik op ' n jonger gehoor gemik , maar sy het haar mettertyd op kabaret begin toespits .
Janita Claassen was , soos Rina Hugo , ' n klassieke sopraan wat verskeie Afrikaanse treffers en ' n aantal klassieke liedere , sommige met Afrikaanse woorde , opgeneem het . Sy is in die ouderdom van 58 jaar aan kanker oorlede . Cora-Marie was
Cora-Marie die een sangeres wat country-musiek in Afrikaans gewild gemaak het en sy het ' n suksesvolle sangpaar saam met Kupido gevorm . Sy is in die ouderdom van 41 jaar aan kanker oorlede . Die meeste sangeresse wat in die 1980 ' s aktief was , het in die 1990 ' s , ' n dekade waarin daar min vernuwing was , steeds nuwe musiek uitgereik .
Die 2000 ' s en daarna
Die nuwe millennium het ' n bloeitydperk vir Afrikaanse musiek ingelui en sommige kunstenaars wat op die toneel verskyn het , is nie in Suid-Afrika gebore nie . Juanita du Plessis wat van Namibië afkomstig is het sukses behaal nadat “ Skarumba ” as bonussnit by
Juanita du Plessis haar eerste Afrikaanse album ingesluit is . Karen Zoid het ' n rewolusie in Afrikaanse musiek veroorsaak met haar alternatiewe Afrikaanse musiek wat op ' n jonger gehoor gemik is . Sy is in België gebore toe haar pa ' n diplomaat in daardie land was . Riana Nel , wat ook in Namibië gebore is , is ' n uiters
Karen Zoid talentvolle sangeres en liedjieskrywer wat ewe gemaklik met kommersiële en Christelike musiek is , maar lank laas nuwe musiek vrygestel het . Sommige kunstenaars het hul toetrede tot die musiekbedryf aan hul deelname aan talentkompetisies op televisie te danke . Bernice West is een daarvan , en sy het groot sukses met haar eerste twee albums behaal .
Hoewel daar nog ' n aantal vroulike kunstenaars is wat sukses in die Afrikaanse musiekbedryf behaal het , is dit onmoontlik om almal te bespreek . Daar is ook ' n paar nuwe kunstenaars wat besig is om tot die musiekbedryf toe te tree en die potensiaal het om legendes te word .
Daantjie Badenhorst
AFRIKAANS
12