Flink Augustus 2023 54 | Page 12

MUSIEK

Suid-Afrika se voorste vroulike kunstenaars

Laurika Rauch , Mynie Grové , Sonja Herholdt en Carike Keuzenkamp

Hoewel Afrikaanse musiek reeds vroeg in die twintigste eeu ontstaan het , het vrouekunstenaars eers teen die middel van die eeu op die toneel begin verskyn . Hier is ' n oorsig van die vroulike legendes van Afrikaanse musiek .

Leonore Veenemans
1960 ' s
Twee van ons land se gewildste sangeresse in die beginjare het hoofsaaklik klassieke musiek gesing , maar hier en daar ook ligte musiek opgeneem . Mimi Coertse , wat onlangs 91 jaar oud geword het , is internasionaal bekend as operasangeres , maar sy het hier en daar ook ' n paar Afrikaanse liedjies gesing . Doris Brasch was ook ' n opera-sopraan , maar sy het ook bekendheid vir haar kinderliedjies saam met Dawie Couzyn verwerf . Hierdie liedjies was van so ' n goeie gehalte dat dit byval by luisteraars van alle ouderdomme gevind het . Virginia Lee het in die laat 1950 ' s ' n groot treffer met “ Tienduisend myl ” gehad , en die volgende dekade die een treffer na die ander gehad . Min Shaw , wat reeds in haar laat tagtigerjare is , het bekendheid verwerf as gevolg van haar rol teenoor Gé Korsten in Hoor my lied , en daarna ook saam met Lance James gesing voordat sy haar op Christelike musiek toegespits het . Leonore Veenemans was ewe gemaklik met ligte- en klassieke
Lindie Roux
11 AFRIKAANS