Flink Augustus 2023 54 | Page 11

Pamela Kierman , pianiste Nina Schumann en Megan Geoffrey Prins en saksofoonspeler Liam Burden . Hierdie jaar se fees het gefokus op vroue in die klassiekemusiekwêreld en dus is die Suid-Afrikaans gebore komponis , Mikhaila Alyssa Smith , wat haar loopbaan in New York in die VSA voortsit , se nuwe komposisie Lighting Our Stories : Tapestries of the Invisible met die Suid-Afrikaanse sangeres en verteller Tina Schouw tydens die fees bekend gestel . Die dirigent Rebecca Tong , wenner van die eerste La Maestra dirigeerkunskompetisie in Parys , Frankryk , was die eerste vrouedirigent wat die SIKMF-feesorkes gedirigeer het .
Die FAK Jeugsimfonieorkes onder leiding van dirigent Jaco van Staden het ook hulde gebring aan een van Suid-Afrika se vroue-musiekikone , Christa Steyn . Haar nalatenskap as pianis , komponis , verwerker en musiekvervaardiger is van onskatbare waarde vir die Suid-Afrikaanse musiekindustrie en haar bydrae van ongeveer dertig jaar het soveel kunstenaars geïnspireer . Om Christa Steyn ( 2011 ) aan te haal : “ Elke liedjie wat mens skryf , is soos jou eie kind . Party word weeskinders nadat verwerkers en sangers dit beetgehad het . En dan is daar dié liedjies wat deel van jou hart bly omdat dit in ' n eerlikheid vasgevang is .” Christa se komposisies bevat elemente van diverse musiekstyle en daarom kan dit natuurlik vir orkeste en ensembles aangepas word . ' n Verwerking deur Ockie Vermeulen en Jaco van Staden van die liedjie “ Daarom skryf ek ” was die hoogtepunt van die jeugorkes se optrede tydens die musiekfees . Ander werke wat die orkes uitgevoer het , was Andante Festivo deur J Sibelius , die bekende koraal uit JS Bach se Kantata no . 140 , Wachet auf ruft uns die stimme , twee gedeeltes uit Edvard Grieg se Peer Gynt Suite no . 1 , Yoda se Tema deur J Williams en die Slawiese Dans no . 8 deur A Dvorák . Die orkes was een van slegs sewe groepe wat uitgenooi is om by die fees op te tree . Verder gaan die jeugorkes vanjaar op 24 September 2023 saam met die liedjieskrywer en sanger Jannie du Toit hulde bring aan Christa Steyn met ' n konsert in die Voortrekkermonument .
Na die FAK Jeugsimfonieorkes se publieke optrede op Saterdag 1 Julie , het die orkeslede deelgeneem aan die twee feesorkeste , naamlik die Simfonieorkes onder leiding van Rebecca Tong en die Konsertorkes onder leiding van Julien Benichou . Die jeugorkes se konsertmeester , Petria Zeevaart , is ook gekies as konsertmeester van die Konsertorkes by die fees . Volgens Petria was dit ' n groot oomblik vir die lede van die jeugorkes :
Konsertorkes-oefening by die Silvertown Ouditorium , Kaapstad
“ Tien dae van uitdagings , harde werk en pret ! Ons is dankbaar ons het die voorreg gehad om die fees te kon bywoon . Die FAK-orkes het ' n familie geword , ons het gegroei van kennisse tot hegte vriende . Die ondervinding wat ons as individue by die fees gekry het , stel ons as ' n orkes in staat om nou nog ' n baie hoër standaard te handhaaf . Ons is terug met nuwe moed en ywer , gevul met groot drome vir die orkes .”
Die orkeslede het daagliks deelgeneem en vaardighede ontwikkel in orkesspel , kamermusiek , meestersklasse , etensuurkonserte en die aandkonserte deur die fakulteit . Hierdie konserte was hoogs inspirerend en het ' n verskeidenheid komposisies bevat wat nog nooit op Suid- Afrikaanse bodem uitgevoer is nie . Die fees het afgesluit met die twee feesorkeste se konserte . Die programme van dié twee orkeste was van hoë gehalte en uitdagende orkesrepertorium . Hoogtepunte hieruit was die Simfoniese Danse , Op . 45 deur S Rachmaninov , PI Tsjaikowski se Vioolkonsert in D , Op . 35 met Russiese violis Andrey Baranov , E Grieg se Klavierkonsert in a , Op . 16 met Russiese pianis Anastasia Markina en O Respighi se Denne van Rome . Die twee groot orkeswerke , die Simfoniese Danse en Denne van Rome word selde deur professionele orkeste in Suid-Afrika uitgevoer . Dus sou mens die repertoriumkeuse deur die twee dirigente bevraagteken , maar die klomp jongmense het met toewyding en geesdrif hierdie werke uitstekend uitgevoer .
Die FAK Jeugsimfonieorkes-konsert in die Fismer-saal , Stellenbosch
KLIK HIER om na die video van die konsert te kyk
Jaco van Staden
Foto ’ s : Lieandri Ackermann
AFRIKAANS
10