Orkestoer na die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2023
NUUS
Die FAK Jeugsimfonieorkes bereik nuwe hoogtes
Orkestoer na die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees 2023
Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge ( FAK ) se Jeugsimfonieorkes het tydens die Julie-vakansie aan die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees ( SIKMF ) deelgeneem . Hierdie gesogte musiekfees word jaarliks deur sowat 250 studente bygewoon . Die FAK Jeugsimfonieorkes was een van die uitgenooide groepe om by die fees op te tree . Die fees word aangebied deur die Stellenbosch Universiteit se musiekdepartement en word moontlik gemaak deur verskeie borge en donateurs wat passievol is oor die ontwikkeling en voortbestaan van klassieke musiek in Suid- Afrika . Die Rupert-Musiekstigting , een van die hoofborge van die fees , was ook ' n borg vir die FAK Jeugsimfonieorkes se orkestoer te Stellenbosch .
Die SIKMF is vanjaar gehou tussen 30 Junie en 9 Julie . Die fees het soos oudergewoonte van die wêreld se top-musici gehad wat by die fees opgetree en meestersklasse gegee het . Vanuit hierdie klomp gesogte internasionale musici was violiste Andrey Baranov en Gwendolyn Masin , altviolis Jennifer Stumm , tjellis Boris Andrianov , basspeler Knut Erik Sundquist , tromboonspeler Mark Hampson , pianis Anastasia Markina en dirigent Julien Benichou . Suid- Afrikaanse musici soos violiste Suzanne Martens , Farida Bacharova , David Bester , tjellis Peter Martens , horingspeler
Dirigent Julien Benichou
9 AFRIKAANS