Nadat Du Toit sy studies voltooi het , het die professore van die NG Kerk hom as proponent gestuur om deur Transvaal te reis en die Woord oral te bedien . Dit het daartoe gelei dat hy na Pretoria beroep is . Tweespalt in die Transvaalse kerk tussen diegene wat predikante uit Nederland wou invoer en dié wat aansluiting by die Kaapse Kerk wou vind , het gemaak dat die bekragtiging van die beroep vertraag is . Intussen het hy tydelike beroepe in die Kaap aanvaar en so as waarnemer in Kaapstad en Wellington opgetree . Hy is by laasgenoemde gemeente as predikant georden . Hierna het hy ' n beroep na Kruisvallei ( Tulbagh ) aanvaar . Hy is op 28 September 1875 as predikant bevestig toe hy die beroep na die nuut afgestigte Noorder-Paarl aanvaar het en hy was hier werksaam tot 1882 . Benewens sy werk as predikant het hy betrokke geraak by godsdiensonderrig aan die Paarl Gimnasium .
Reeds in 1874 het hy as Ware Afrikaander in De Zuid- Afrikaan ' n reeks artikels oor die Afrikaanse taal geskryf , waarin hy voorbrand gedoen het vir die belangrikheid van die moedertaal en die stelling dat Afrikaans nie ' n taal kon wees nie , weerlê het . Hy het onder andere hier die taalreël neergelê dat ons moes skryf soos ons praat .
Du Toit het die stigtingsvergadering van die Genootskap van Regte Afrikaners ( GRA ) vir 14 Augustus 1875 belê , met homself , sy broer DF du Toit ( Oom Lokomotief ), dr . DF du Toit , August Ahrbeck , CP Hoogenhout , Gideon Malherbe , Petrus Malherbe en SG du Toit . In 1992 het Randall Wicomb ' n liedjie getiteld “ Agt jollie kêrels ” geskryf en opgeneem wat die verhaal van die stigting van die GRA vertel het .
Die aanvanklike hoofdoel van die GRA was om die Bybel in Afrikaans te vertaal sodat alle mense die Woord in hul eie taal kon lees , maar die doel het gou verbreed om Afrikaans in die algemeen te bevorder .
As nie-amptelike leier van die GRA was ds . Du Toit die medeskrywer van die GRA se manifes en ander pleitstukke , die belangrikste skrywer van Die geskiedenis van ons land in 1877 en in 1880 die samesteller van Die geskiedenis van die Afrikaanse Taalbeweging . Hy was die eerste redakteur van Di Patriot , wat op 15 Januarie 1876 die eerste keer verskyn het , maar in 1878 het hy hierdie pos aan sy broer DF du Toit ( Oom Lokomotief ) oorgegee .
In 1879 het ' n versoek van Beaufort-Wes gekom dat ds . Du Toit hom as Volksraadslid van die Kaapse Parlement verkiesbaar moes stel , maar omdat sy gemeentewerk dit nie toegelaat het nie , het hy die versoek van die hand gewys . Vanaf 1879 het hy hom deur middel van Di Patriot beywer vir die oprigting van die Afrikanerbond , ' n Hollandse politieke party in Kaapland wat hom veral beywer het vir die vereniging van Afrikaners regdeur die land en die gelykstelling van Hollands en Engels . Nadat verskeie takke van die Afrikanerbond reeds in 1881 gestig is , is hierdie party formeel tydens ' n kongres op 1 Maart 1882 in die lewe geroep . Die Afrikanerbond het Di Patriot as amptelike mondstuk gebruik en het duidelike republikeinse doelwitte en vereniging van al die provinsies nagestreef . Gedurende
Die voorblad van die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot
Mei 1883 het die Zuid-Afrikaansche Boeren Beschermings Vereniging ( ZABBV ) van JH Hofmeyr , wat hom veral beywer het vir die belange van die boere , en die Afrikanerbond saamgesmelt . Die naam van die organisasie was die Afrikanerbond en ZABBV , maar as party het dit as die Afrikander Nationale Partij bekendgestaan . Hierdie organisasie het in 1890 besluit om Nederlands as taalmedium te gebruik hoewel Di Patriot tot 1899 as amptelike mondstuk behoue gebly het . In hierdie jaar is Di Patriot onthef as gevolg van die politieke rigting wat Du Toit ingeslaan het .
Intussen het Du Toit hom beywer vir die stigting van ' n Afrikaanse skool en in Di Patriot van 24 Desember 1880 het hy die doelwitte van ' n voorgenome Afrikaanse skool uiteengesit . Daarna is geld regdeur die land ingesamel en op 1 Februarie 1882 het die skool ' n werklikheid geword met die opening van die Gedenkschool der Hugenoten op Kleinbosch in Daljosafat met Oom Lokomotief as eerste onderwyser . Reeds in 1881 het ds . Du Toit ' n aanbod van die Transvaalse regering gekry om superintendent van onderwys te word , maar het eers op 13 Maart 1882 superintendent geword .
Die sukses van sy visie het gemaak dat Transvaal in 1882 van 43 skole en 872 leerlinge teen die einde van 1887 gevorder het na 116 skole en 2795 leerlinge .
6 AFRIKAANS