Flink April 2024 57 | Página 5

Ds . SJ du Toit was ' n stigter van die Genootskap van Regte Afrikaners , asook ' n predikant van die Nederduits-Gereformeerde Kerk , ' n Bybelvertaler en ' n redakteur van verskeie koerante en tydskrifte .

Stephanus Jacobus du Toit is op 9 Oktober 1847 op die plaas Kleinbosch in Daljosafat gebore en was die jongste van dertien kinders . Hy was een van nege kinders uit sy gesin wat volwasse ouderdom bereik het . Twee van sy broers was Daniël Francois du Toit , wat ook as Oom Lokomotief bekendgestaan het , en Charles Wijnand du Toit , ' n predikant in die NG en Nederduitsch Hervormde kerke in Potchefstroom . Sy pa was die erfgenaam van die plaas Kleyne Bosch ( later Kleinbosch ) wat aan die Du Toitstamvader Francois du Toit uitgegee is toe hy as deel van die Franse Hugenote na Suid-Afrika gekom het . Die destydse goewerneur Simon van der Stel het die plaas aan hom toegeken hoewel dit buite die grense van die toenmalige kolonie geval het . Die voorwaardes was dat Du Toit ' n duisend gulde moes betaal en homself teen die aanvalle van die San moes beskerm . Sy gevegte teen die San het gelei tot die benaming van Du Toitskloof omdat dit die kloof was waardeur hy die San agtervolg het . Saam met sy ouer broer DF du Toit het hy sy skoolopleiding by die goewermentskool op Daljosafat ontvang ; hul onderwyser was Bart Smith , wie se foutiewe uitspraak van sy eie taal ' n invloed op hulle gehad het . Toe eerwaarde Roth hul onderwyser geword het , het dit baie beter gegaan . SJ du Toit het tot met sy negentiende jaar op Kleinbosch geboer , maar toe hy die roeping om ' n predikant te word , gekry het , het hy hom van 1866 af twee jaar by Paarl Gimnasium ingeskryf . Hy het in werklikheid egter privaat onderrig by Arnoldus Pannevis en TSA Hoffman ontvang . Hierdie onderrig het hom in staat gestel om die toelatingseksamen tot die Kweekskool in Stellenbosch te slaag .

In 1868 het hy sy studie aan die Kweekskool op Stellenbosch voortgesit en voorsitter van die studenteraadsvereniging geword . Hy het by ' n weduwee geloseer en ' n verhouding met haar dogter , Elizabeth Jacoba ( Bettie ) Joubert aangeknoop . In Augustus 1872 het hy sy proefpreek gelewer en sy studies in dieselfde maand voltooi . In dieselfde jaar is hy met Bettie getroud en vier kinders is uit die huwelik gebore . Die digter , teoloog , Bybelvertaler en Psalmberymer Jacob Daniël du Toit , beter bekend as Totius , was een van hulle . Bettie is op 1 November 1882 oorlede en op 8 Julie 1887 is hy vir die tweede keer getroud , hierdie keer met Anna Francina Malan , by wie hy twee seuns en twee dogters gehad het . Een van sy kinders uit sy tweede huwelik was Charles Wynand Markelbach du Toit , wat ' n predikant in die Gereformeerde Kerk geword het . Hy het die gemeentes Aliwal-Noord , Frankfort en Bloemfontein bedien en later is hy onbestrede as lid van die Unie-Volksraad vir die Nasionale Party in die kiesafdeling Edenburg verkies . Na ' n tussenverkiesing in Julie 1932 , wat hy naelskraap teen die Suid-Afrikaanse party gewen het , het hy Colesberg verteenwoordig , maar in 1938 het hy in Krugersdorp derde gekom teen die Arbeidersparty en die Verenigde Party . In Oktober daardie jaar het hy egter na die parlement teruggekeer as volksraadslid vir Marico , nadat hy die kandidaat van die Verenigde Party met slegs 49 stemme geklop het .
SJ du Toit omstreeks 1870 toe hy student aan die Kweekskool op Stellenbosch was
SJ du Toit , sy eerste vrou , Elizabeth Jacoba Joubert , en hul seuns , onder wie Totius ( regs )
AFRIKAANS
5