Flink April 2024 57 | Page 18

DINK

OORDENKING

SIEN OM NA MEKAAR

Spreuke 11:17
' n Man wat ' n weldaad bewys , doen goed aan sy eie siel , maar ' n wreedaard pynig sy eie vlees .
Spreuke 27:10

... ' n Buurman wat naby is , is beter as ' n broer wat ver is .

GEE OM
Om om te gee vir mekaar – ' n opdrag , ' n doel , ' n troos , ' n noodsaaklikheid ! Ons leef in ' n konteks en ' n tydsgees waarin mense so onder druk is , soveel beproewings beleef en soveel uitdagings , sonder antwoorde , moet trotseer . Juis daarom voel baie individue en gesinne alleen en isoleer baie mense hulle al meer . Ons moet juis die teenoorgestelde doen . In tye van druk , moet ons die omgee na mekaar versnel . Ons moet meer en meer na mekaar uitreik en mekaar opsoek . Mekaar vashou en dra . Eerder meer , as minder .
Dit begin dikwels met die feit dat jy moet onthou dat daar ander is wat swaarkry . Dit is nie net jy nie en die wêreld gaan ook nie net oor jou nie .
Baie kry swaar . Baie is onder druk . Nie net finansieel nie , maar ook emosioneel . Vanweë verskeie omstandighede trek baie mense emosioneel baie swaar en die gemoedere hang .
18 AFRIKAANS