Flink April 2024 57 | Page 17

Op die tweede vergadering , ' n maand later , word die naam Genootskap van Regte Afrikaners aan die groepie eendersdenkendes gegee .
Die doel is : “ Om te staan vir ons Taal , ons Nasie en ons Land ” of , soos dit op die wapen tweeledig aangegee word : “ Vir Moedertaal en Vaderland ”.
Die taalkwessie word nog altyd op die voorgrond gestel , maar dit is nie die enigste punt nie – dis maar ' n deel , en , vir die oomblik weens die omstandighede van die stigting en die organisasie , die vernaamste .
Reeds op die embleem wat deur GR von Wielligh geteken is , nadat ds . Du Toit dit aan die hand gedoen het , staan as spreuk : “ Verenigde Suid-Afrika ”, die staatkundige wensspreuk .
Die GRA wou ' n leemte vul en nasionale trots opwek en het ' n lied versprei , opgestel deur Hoogenhout en Pannevis , maar ook waaraan Oom Lokomotief ( DF du Toit ) en in ' n mindere mate ds . SJ du Toit , ' n handjie bygesit het .
' n Ieder nasie het sy land ! Ons woon op Afrikaanse strand ; vir ons is daar g ' n beter grond op al die wye wêreld rond . Trots is ons om die naam te dra van kinders van Suid-Afrika .
' n Ieder nasie het sy taal , ons praat van Kaap tot in Transvaal wat almal maklik kan verstaan . Wat gaan die ander tale ons aan ? Ons praat soos pa en oupa-pa , die landstaal van Suid-Afrika .
' n Ieder nasie het sy wet , wat goed gebied en kwaad belet ; en elk se wet is na sy aard en gaan met sy natuur gepaard : So volg ons ook die sedes na , wat tuis hoort in Suid-Afrika .
' n Ieder nasie het sy reg , al is hy nog so swak en sleg . Daar is één Oog wat alles merk . Hy sit die onreg paal en perk , Hy kyk ook ons verdrukkers na en waak ook vir Suid-Afrika .
' n Ieder nasie het sy tyd om op te groei en af te slyt , en soos ons liewe Heer dit doen , so is dit altyd wys en goed . Daar kom ' n dag vir ons ook , ja ; vertrou op God , Suid-Afrika .
Want al die nasies het één God , Hy reël ieder volk se lot ; Hy het vir ieder volk sy taal , sy land , sy reg , sy tyd bepaal . Wie dit verag sal sy straf dra . O God , beskerm Suid-Afrika !
Die huis van Gideon Malherbe , Pastorielaan , Paarl . Vandag is dit die Afrikaanse Taalmuseum
AFRIKAANS
17