GESKIEDENIS
DIE GENOOTSKAP VAN REGTE AFRIKANERS
D s . SJ du Toit roep op 14
Augustus 1875 ' n vergadering byeen in die huis van Gideon Marlherbe , Pastorielaan , Paarl .
Teenwoordig was CP Hoogenhout , onderwyser , 32 jaar ; August Ahrbeck , teologiese student , 24 jaar ; ds . SJ du Toit , predikant van Noorder-Paarl , 27 jaar ; Gideon Malherbe , wynboer , 42 jaar ; DF du Toit , wynboer , later bekend as “ Oom Lokomotief ”, 29 jaar ; DF du Toit , wynboer , later bekend as “ Dokter ”, 25 jaar ; PJ Malherbe , wynboer , 22 jaar ; en SG du Toit , leerling aan die Paarlse Gimnasium , 20 jaar .
Die agttal het met erns begin . Die eerste samekoms op 14 Augustus 1875 is gekonstitueer onder die voorlopige voorsitterskap van CP Hoogenhout ( later word ds . SJ du Toit voorsitter ) en die sekretariaat word aan August Ahrbeck toevertrou . Daar word ook notule gehou ; die eerste in die handskrif van die hulpskrywer , SG du Toit , die jongste van die agt stigters .
Vyf voorstelle is gedoen ( drie deur ds . Du Toit ) en twee kommissies moes die naam en reëls van die genootskap opstel . Die ander kommissie moes twee sake afhandel : oor ' n spraakkuns van Afrikaans onderhandel en dit laat nasien , en verder met ds . G Morgan , die Skotse predikant in Kaapstad , oor die Bybelvertaling beraadslaag .
Notule van die eerste GRA-vergadering
16 AFRIKAANS