Flink April 2024 57 | Page 15

Len was ' n veelsydige man , wat ook in rolprente gespeel en saam met Min Shaw kinderliedjies gesing het . Hy was ook ondeund . Tydens ' n werksfunksie het hy hom in die geselskap bevind van sy redakteur en die koerant se mediamagnaat-grootbaas wat in werknemersgeledere nie juis oral ewe gelief was nie . “ Meneer , ek het nou die dag vir meneer in die bresse getree ,” het Len ewe onderdanig vir die grootbaas gesê , “ van die manne hier het nou die dag gesê meneer het nie die verstand van ' n os nie , en ek het toe gesê meneer hét !”
Oorspronklike werke wat in Rapport verskyn en in 1975 deur wyle Len Lindeque aan die skrywer geskenk is .
Ek volstaan met bogenoemde drie kunstenaars , al is daar ook oor baie ander soos Fred Mouton en Frans Esterhuyse ( om maar net twee te noem ) nog veel te sê . Kom ons lig die hoed vir hierdie mense wat deur hul vaardigheid en ' n besondere manier van kyk , ons gereeld laat glimlag .
Marius Ackermann Voorsitter van VTM-direksie
Verdere leesstof
Verwys na die Uniegebou-kantoor van die destydse eerste minister mnr . John Vorster wat ' n roker en gholfspeler was .
Ÿ Du Toit , E . 1998 . T . O . Honiball : Pen , penseel en ' n glimlag – ' n biografie soos vertel aan Esjé du Toit . Ÿ Du Toit , François . 2016 . Die Groot Drie . Ÿ Erasmus , L . J . s . a . ' n Volk staan op uit die as . Die verhaal van die Afrikaanse pers ( 1962 ) Bpk . Ÿ Honiball , T . O . 1987 . Leer om te teken ! Ÿ Lategan , F . T . O . Honiball – ' n waardering in Lantern Jan . 1985 Jaargang 34 no . 1 . Ÿ Die Adoons- , Oom Kaspaas- en Jakkals en Wolf-reekse is in 1977 deur Tafelberg uitgegee , en daarna deur T . O . Honiball- Promosies en Naledi .
Een van die laaste van die gewilde spotprente van Len Lindeque wat in Rapport van 17 Augustus 1980 , verskyn het .
AFRIKAANS
15