Smuts erg verkwalik vir wat hy as hulle gedienstigheid teenoor Brittanje beskou het , en veral laasgenoemde het kwaai onder sy pen deurgeloop . Boonzaier was ook die skepper van die Hoggenheimer-figuur – ' n sigaarrokende oorgewig , gierige man as verpersoonliking van sekere Randse kapitaliste wat die Afrikanersaak vyandiggesind was .
Spotprenttekenaars gebruik soms bykomstige “ karakters ” om hul kunswerke verder op te helder en as ‚ n tipe duimafdruk of “ handelsmerk ” te dien . Len Lindeque en Fred Mouton het onderskeidelik van wurms en ' n muis gebruik gemaak , en in van Boonzaier se spotprente was daar soms ' n bobbejaan . Hy het niks gesê nie , maar sy teenwoordigheid was immer betekenisvol !
DC Boonzaier is deur TO Honiball opgevolg , wat van 1936 tot 1975 Die Burger se spotprenttekenaar was . In sy interessante en openhartige outobiografie vertel hy dat die koerant se redakteur elke oggend met ander redaksielede die tema vir die volgende dag se spotprent bespreek het , waarna hy as spotprenttekenaar binne ' n paar uur aan die idee gestalte moes gee .
As spotprenttekenaar het TO Honiball die kuns van oordrywing goed bemeester . Vir die grootste deel van sy termyn was die waardige sir De Villiers Graaff leier van die amptelike opposisie . Aan sir De Villiers se netjiese snor was daar niks vreemds nie , maar onder Honiball se pen het dit buitengewone afmetings aangeneem . Hierdie oordrywing was
Thomas Ochse Honiball doelbewus , want volgens die kunstenaar was ' n tekening van snorpunte wat agter iets uitsteek , vir die koerantleser ' n genoegsame aanduiding dat sir Div “ in die omtrek ” was .
Honiball was veral bekend om die fyn humor in sy strokiesreekse . Adoons-hulle was ' n bobbejaanfamilie van Magaliesberg-faam , en het onder meer bestaan uit Adoons in die naamrol , sy vrou Keesje en die selfversekerde Kaas Windvogel as onderwyser en burgemeester . Die spot was altyd raak , deernisvol en eintlik universeel : van die plaaslike geneesheer ou dokter Van Lykwagen se raaiwerk tot die geveinsde fluksheid van munisipale werkers . Oom Kaspaas Breekwater is in 1939 in Die Burger “ gebore ”, en die grootlieg-bêkvelder was later die hoofkarakter in ' n reeks saam met sy slang-kwaai vrou tant Engeltjie en ' n geduldige ( maar beleefd-skeptiese ) luisteraar Nefie . Die derde reeks gaan oor die wel en weë van uitgeslape Jakkals , sy vrou Pluimvina asook Wolf , almal van Uilkraal .
Honiball se Oom Kaspaas besig met ' n liegstorie en Ne�e wat geduldig luister ( Lantern , Januarie 1985 )
TO Honiball is in 1984 paslik deur die FAK vir sy kultuurbydrae vereer , en het in 1989 ' n erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns ontvang .
Len Lindeque ( 1936 – 1980 ) was ' n alombekende en beminde spotprentkunstenaar , wat ook “ ernstige ” werk gelewer het . Hy was eers aan die destydse Sondagkoerante Dagbreek en Sondagnuus verbonde , en was daarna vir Len se Pen in Rapport verantwoordelik . Len se humor en tekenkuns was van hoogstaande gehalte , en hy het hom van ander spotprentkunstenaars onderskei deur in realistiese styl te werk . Hy het nie sy karakters se fisiese eienskappe oordryf nie , maar hulle eerder as herkenbare mense uit die openbare en alledaagse lewe in snaakse , soms absurde situasies geplaas . Toe die SA Vloot sy hoofkwartier van Simonstad na Pretoria verskuif , het Len ' n duikboot geteken wat doodluiters in die Apiesrivier opvaar .
Len Lindeque
14 AFRIKAANS