Flink April 2024 57 | Page 13

PROFIEL

as ' n duisend woorde

Spotprente is deel van ons koerantleesroetine , ongeag of dit ' n skoolblad , ' n studente-koerant , ' n dagblad , daagliks of weekliks is . Sedert die vroeë jare van die Afrikaanse koerantwese tot in die hedendaagse elektroniese era is spotprente en spotprenttekenaars gelief onder lesers en dalk minder gewild onder veral politieke opponente !

Maar wanneer is ' n spotprent “ goed ” of “ treffend ”? Volgens kenner Francois Joubert is dit wanneer die boodskap gesnap word – hoe gouer , hoe beter . Oudredakteur Ton Vosloo sê dat die doel van ' n spotprent is om ' n punt te verbeeld , en dat ' n goeie spotprent skerper kan spreek as duisend woorde . Nogtans is die humor nie kwetsend of van ' n gemene aard nie . Die bekende Victor Ivanoff het trouens gesê dat hy altyd wou hê dat selfs die opponent sy tekening moes geniet . TO Honiball het as Die Burger se spotprenttekenaar met lede van die destydse Verenigde Party die spot gedryf . Hy was verheug om te sien dat een van sy geliefkoosde “ teikens ” en lid van die Smuts-kabinet , maj . Piet van der Byl , ' n versamelaar van Honiball-kuns was – meer spesifiek die prente waarin met die lang , lenige majoor gespot word !

Spotprent deur Victor Ivanoff ( Foto : ' n Volk staan op uit die as )
' n Spotprenttekenaar span soms die kuns van oordrywing op ' n effektiewe wyse in . Victor Ivanoff het ' n sekere parlementariër wat ' n besondere groot neus gehad het , se ruikorgaan so groot geteken dat dit kwansuis nie binne die prent kon inpas nie , en dan die sakie kastig beredder deur bloot “ word vervolg ” daarby te skryf . TO Honiball het by geleentheid verneem dat die eggenote van ' n sekere parlementslid glad nie hou van die manier waarop hy haar man uitbeeld nie : sy doen soveel moeite om die agbare raadslid se broekplooie te stryk en dan verskyn hy in Honiballspotprente met sulke slordige , deurmekaar klere !
DC Boonzaier ( 1865 – 1950 ) kan as die pionier van Afrikaanse spotprenttekenaars beskou word . Die bekende kunstenaar Gregoire Boonzaier was sy seun . Boonzaier snr . was van 1915 tot in die dertigerjare Die Burger se spotprenttekenaar . Hy was ' n vurige ondersteuner van die destydse Nasionale Party , en toe die party in 1924 onder leiding van genl . Hertzog aan
Daniël Cornelis Boonzaier bewind kom , het die kleurvolle veteraan-politikus Tielman Roos verklaar dat niemand meer gedoen het om ' n oorwinning te verseker as juis Boonzaier nie . Hy het genls . Botha en
DC Boonzaier se voorstelling van Tielman Roos ( Foto : Wikipedia )
AFRIKAANS
13