89
Die gebruik van ’n opsiekontrak word die beste geïllustreer deur
middel van ’n voorbeeld:
’n Graanboer kan besluit om ’n opsiekontrak te gebruik om die risiko van
’n lae graanprys in die mark in die toekoms uit te skakel. Die boer koop ’n
verkoopopsie deur ’n sekere premie vir die kontrak te betaal. Die opsie
gee die boer die reg om ’n sekere vaste hoeveelheid graan in die toekoms
teen ’n voorafbepaalde prys te verkoop – die kontrak verplig hom egter
nie om dit te doen nie. Wanneer die opsie verval, kan die boer op grond
van die markprys besluit om die graan te verkoop of nie.
Indien die prys van graan in die mark laer is as die prys waaroor in die
bepalings van die opsiekontrak ooreengekom is, kan die boer sy regte
met betrekking tot die kontrak uitoefen. Die boer kan kies om die graan
te verkoop teen ’n hoër prys as waaroor op die kontrak ooreengekom is
aangesien die markprys laer is.
Indien die prys van graan in die mark hoër is as die prys waaroor daar in
die bepalings van die kontrak ooreengekom is, kan die boer sy regte met
betrekking tot die kontrak laat vaar. Die boer kan in so ’n geval kies om
sy kommoditeit teen ’n hoër prys in die mark te verkoop aangesien die
trefprys waaroor daar in die k ontrak ooreengekom is, laer is.
Let daarop dat die boer in die tweede scenario sy reg verbeur om die
kontrak uit te oefen en dus ook die aanvanklike premie wat hy betaal
het, verloor – dus kan die opsiepremie gesien word as soortgelyk aan
’n versekeringspremie aangesien dit beskerming aan die boer bied in die
geval van ’n prysverlaging.
Oesversekering
Versekering is ’n baie algemene risikobestuurstrategie. ’n Versekerde persoon
betaal met gereelde tussenposes ’n premie aan ’n versekeringsmaatskappy
en ontvang dan ’n uitbetaling van die versekeraar indien hy ’n versekerde
verlies ly.
Verhuring
Verhuringsinsette soos grond en toerusting bied aan produsente genoeg
buigsaamheid om op veranderende markte te reageer. Dit verminder ook
die kapitaal wat nodig is om bedrywighede uit te brei, wat terselfdertyd
finansiële risiko verminder.
Ekwiteitsfinansiering
Ekwiteitsfinansiering is ’n doeltreffende manier om risiko te versprei.
Ekwiteitsbeleggers in die landbousektor ontvang ’n pro rata-deel van
die opbrengste van ’n belegging, maar ly ook proporsioneel indien enige
verliese voorkom.
Besparings
’n Spaarrekening is ’n konstruktiewe hulpmiddel om inkomsteveranderlikheid
te verminder. Inkomste kan gedurende tye van groot sukses na ’n
spaarrekening oorgeplaas word sodat dit in moeilike tye weer onttrek kan
word. Dit is ’n goeie manier om onverwagte dalings in boerdery-inkomste
teen te werk.
Likiditeit
Likiede bates is bates wat maklik in kontant omgesit kan word. Likiede
bates kan ook handig te pas kom wanneer ’n noodsituasie opduik en dien
as ’n veiligheidsnet tydens produksierampe en swak marktoestande. Dit is
belangrik om daarop te let dat die regte balans tussen vaste bates en likiede
bates gehandhaaf moet word, aangesien vaste bates die vermoë het om
hoër winste te genereer.
Bron: Albré Badenhorst, PricewaterhouseCoopers, Finansiële Risikodienste
Skryf aan [email protected]