90
bemarking en finansiële
dienste
Uitvoer
1. Oorsig
Die boer van die 21ste eeu word grootliks beïnvloed deur internasionale
kommoditeitsmarkte, die wisselkoerse, en die vloei van produkte tussen
lande. Die binnelandse pryse van kommoditeite kom baie ná aan die
bereiking van invoerpariteit (die koste ná landing van ’n ingevoerde produk)
soos boere met mekaar om markte meeding
Groei in uitvoer sal kritiek wees daarvoor dat hierdie land sy
werkskeppingsdoelwitte en ander teikens behaal, soos die Verenigde Nasies
se Milleniumontwikkelingsdoelwitte (MOD’s).
Solank as die wêreldwye ekonomiese stelsel lande oplewer wat beter
daartoe in staat is om produkte meer doeltreffend (en goedkoper) as ander
te lewer, sal wêreldhandel onverpoos voortduur.
Handelsdata word verstrek op www.sars.gov.za (soek die “Customs and
Excise”-kieslysopsie).
Vir ’n oorsig van Suid-Afrika se handels- en ekonomiese ooreenkomste,
uitvoerbestemmings, ens, kyk na die artikel, “African agricultural
exports: where are they going?” in Januarie se 2012 International
TradeProbe. Hierdie publikasie word maandeliks gepubliseer deur die
Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) en die Nasionale
Landboubemarkingsraad (NLBR) en is te kry op www.namc.za.
Die hoofstuk, “Suid-Afrika en die landbou” verstrek ’n lys van die die top15-landbouprodukte (primêr en sekondêr) wat uitgevoer en ingevoer
word.
2. Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
Alle invoerders en uitvoerders in Suid-Afrika moet by die Kommissaris van
die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) registreer. Vorm DA 185 (plus die
tersaaklike aanhangsels) vir invoerders en uitvoerders, asook klaringsagente
en pakhuislisensiehouers, moet ingevul en by die SAID ingedien word.
Vorms moet ingedien word by die SAID-kantoor wat die naaste aan die
gebied waarin die applikant se hoofkantoor geleë is. By registrasie word
aan applikante ’n unieke doeanekodenommer gegee. Die registrasieproses
neem gewoonlik twee tot drie weke.
Kontakbesonderhede van die hoofkantoor, Inkomstediens se takkantore
(provinsiaal), doenekantore en meer is op dié webwerf verkrygbaar.
Besoek www.sars.gov.za.
Dienste wat gratis deur oorsese verteenwoordigers van die DHN verskaf
word:
• identifisering van gepaste agente, invoerders en verspreiders;
• bystand aan handelsendings na en vanaf Suid-Afrika
• raaksien van oorsese sakegeleenthede
• intreestrategieë vir buitelandse markte en verwante navorsing
• bevordering van die oordra van tegnologie en buitelandse investering
in Suid-Afrika;
• bystand aan uitvoerders met die oorkoming van struikelblokke soos
kwotas, doeanetariewe en invoerbeperkings;
• hulp aan uitvoerders met die reël van afsprake, vertalings, seminare,
ensovoorts;
• algemene bystand ten opsigte van die verkryging van tenderdokumente
en onderhandeling met owerhede soos Doeane en Gesondheid;
• verspreiding van Suid-Afrikaanse handelspublikasies en nuusbriewe aan
buitelandse gemeenskappe;
• inspeksie van Suid-Afrikaanse produkte met hul aankoms oorsee.
Trade and Investment South Africa (TISA)
Mnr. Christiaan Saaiman
Tel: 012 394 1021
[email protected]
Internasionale Handelsafdeling:
Wêreldhandelsorganisasie (WTO)
Tel: 012 394 3070
[email protected]
Oos-Asiatiese streek
Tel: 012 394 1529
Faks.: 012 394 2529
Vrye Handelsooreenkomste
— SAOG
Tel: 012 394 3050
Faks: 012 394 4050
Internasionale Handelsadministrasiekommissie (ITAC)
Invoer- en uitvoerbeheer
Vrye Handelsooreenkomste — die Phillip Snyman
Tel: 012 394 3590
Amerikas/MERCUSOR
www.itac.org.za
Tel: 012 394 3020
Faks: 012 394 4020
Aansoeke
om
kortings
op
invoere vir waardetoevoeging en
Vrye Handelsooreenkomste
heruitvoer
– Europa
Tel: 012 394 3050
Tel: 012 394 3018
Faks: 012 394 4050
Faks: 012 394 4018
Die DHN verskaf finansiële bystand aan geregistreerde uitvoerders, wat aan
sekere prestasi ekriteria voldoen, via sy afdeling Handel en Belegging SuidAfrika (TISA). Ingevolge die Uitvoerbemarkings- en Beleggingshulpskema
wat onder die vaandel van EMIA bevorder word, is gedeeltelike vergoeding
beskikbaar aan uitvoerders ten opsigte van koste wat aangegaan is en die
ontwikkeling van uitvoermarkte.
Die Direktoraat Uitvoerbevordering is daarvoor verantwoordelik om
Suid-Afrikaanse goedere en dienste te ontwikkel en te bevorder, en dit sluit
spesifieke tegniese ingrypings met betrekking tot finansiële ondersteuning
deur EMIA, passing, markintelligensie, fasilitering van handelsmoontlikhede
en ondersteuning binne-in die mark in. Hierdie besigheidseenheid se
oogmerk is om Suid-Afrikaanse maatskappye se markpenetrasie te verhoog
sodat hulle produkte en dienste na verskillende markte kan uitvoer. Die
hulp wat die eenheid verleen, neem die vorm van finansiële of niefinansiële
hulp aan.
Uitvoerbevorderingsaanbiedinge
3. Departement van Handel en Nywerheid
(DHN)
Kies die “Trade, exports and investment”-kieslysopsie op die webwerf,
www.thedti.gov.za
Die Departement Handel en Nywerheid sal geregistreerde uitvoerders
met die bemarking en promosie van hul produkte help. Sommige van die
dienste sluit in oorsese assesserings, identifisering van sakegeleenthede,
die ontwikkeling van intreestrategieë vir buitelandse markte, bystand met
handelsake en uitstallings, identifisering van geskikte agente en verspreiding
in die buiteland, hulp met handelsendings en die inspeksie van goedere met
hul aankoms oorsee.
• Markintelligensie en raad, byvoorbeeld om nuwe produkte en nuwe
markte te identifiseer
• Handelsmoontlikheidsfasilitering
• Uitvoerfasilitering deur potensiële uitvoerders by buitelandse kopers
te pas
• Ondersteuning binne-in die mark
• Finansiële hulp van EMIA
Besoek gerus www.thedti.gov.za vir meer inligting, of bel 012 394 1014 /
1029 of 1146.