88
6. Faktore wat boere in aanmerking moet neem
voordat hulle risiko probeer bestuur
Die mate waarin verskillende soorte risiko’s bestuur word, hang van baie
faktore af. Boere moet die volgende in gedagte hou wanneer hulle besluit
oor die gepaste stappe om risiko’s te hanteer:
• eie aptyt vir risiko’s;
• die waarskynlikheid en gevolge van enige potensiële risiko in die
besondere onderneming;
• die strategieë of prosesse wat beskikbaar is om die risiko te bestuur of
te beheer;
• die koste verbonde aan die minimalisering of bestuur van die risiko’s;
en
• die gevolge as die risiko nie bestuur word nie.
Watter opsies moet oorweeg word om die risiko te bestuur of teen te
werk? Die risikobestuurstrategieë kan soos volg gekategoriseer word:
Vermyding- of aanvaardingstrategieë
• vermy of beëindig die aktiwiteit wat aanleiding kan gee tot blootstelling
of onuitstaanbare risiko
• aanvaar risiko wanneer blootstelling binne die risiko-aptyt val
Diversifikasiestrategieë
• behandeling, vermindering of teenwerking deur middel van verbeterings
aan die beheerde omgewing en die bestuursprosesse
• uitbuiting van risiko waar blootstelling ’n potensiële verlore of
ongerealiseerde geleentheid is
Strategieë wat behels dat risiko’s gedeel word
• die deel van risiko tussen partye en belanghebbers
• die oordra van risiko na ’n derde party (uitkontraktering/versekering)
• integrasie van ’n reeks risikoreaksies deur ’n kombinasie van reaksies
7. Risikobestuurstrategieë
7.1 Vermyding- of aanvaardingstrategieë
Vermyding- en aanvaardingstrategieë moet gebaseer wees op die gevolge
en waarskynlikheid van die risiko. Hier volg ’n paar voorbeeld:
• Om ’n oes in ’n gebied aan te plant wat nie geskik is vir die produksie
daarvan nie, word vermy omdat die waarskynlikheid van ’n
minderwaardige oesopbrengs baie hoog is.
• Om onder die een-in-’n-honderdjaar-vloedlyn te plant, kan ’n
aanvaarbare risiko wees omdat die kanse van ’n vloed baie skraal is.
Dit is belangrik om ’n deeglike ontleding te maak van aanvaarbare risiko’s
om die gevolge van so ’n risiko, sou dit wel plaasvind, volkome te verstaan,
insluitend die negatiewe finansiële gevolge wat die voortbestaan van die
boerderybedrywighede in gevaar kan stel en die impak op kontantvloei en
die beskikbaarheid van fondse.
7.2 Diversifikasiestrategieë
Oesdiversifikasie
Boere kan die algehele risiko effektief verminder deur die verskeidenheid
gewasse wat oorweeg word, te verbreed en gewasse te kies wat verskillend
in verskillende finansiële en omgewingstoestande optree. Gemengde
boerderybedrywighede kan ook bedryf word, soos om gewasse met
lewende hawe, toerisme, ensovoorts te kombineer.
Buigsaamheid
Buigsaamheid is van die uiterste belang wanneer ’n mens gekonfronteer
word met (