Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 87

bemarking en finansiële dienste Risikobestuur en versekering 1. Oorsig Landbou, en in die besonder ’n boerdery, is vandag ’n onderneming wat met heelwat risiko’s gepaardgaan. Kwessies soos klimaatsverandering, tekorte aan vaardighede en die ontwikkeling van die finansiële markte ten opsigte van kommoditeitsprodukte het die risiko waarvoor hierdie ondernemings te staan kom, verhoog. Alhoewel landbou-ondernemings meer werktuie tot hulle beskikking het om risiko’s te bestuur en te temper, het dit die kompleksiteit van risikobesluitneming verhoog. Die suksesvolle persone van die toekoms sal die boere en landbouondernemings wees wat in staat is om die risiko’s, wat inherent aan hulle boerderystelsels is, teen ’n redelike koste te bestuur. Die uiteinde van doeltreffende risikobestuurpraktyke in die landbou sal groot voordele vir die samelewing in sy geheel inhou en sluit die volgende in: • om voedselsekerheid en prysstabiliteit te verseker; • om ’n stabiele en winsgewende kommersiële boerderygrondslag te vestig om te verseker dat landbou in staat is om die voedselvereistes van die toekoms die hoof te bied; • om langtermynvolhoubaarheid van die omgewing te verseker; • om die negatiewe gevolge van natuurrampe (vloede, droogtes, en so meer) op die mens en die omgewing te minimaliseer; • om die behoefte aan noodlenigingspakkette wat deur belastingbetalers befonds word, te verminder; • om werksgeleenthede en volhoubare indiensneming te skep; en • om die stabiliteit van die boer se inkomste en gevolglik ook besteding op plaasinsette te verbeter. Die gevolg is ekonomiese stabiliteit in landelike ekonomieë. 2. Nasionale strategie en regeringskontakte Die Wet op Rampbestuur, 2002, is hier van toepassing. As droogtetoestande, veldbrande, ensovoorts as gevolg van hul aard nie volgens die bepalings van hierdie Wet tot rampe verklaar kan word nie, kan verligting ingevolge ’n bepaalde maatreël gebied word. Departement van Landbou, Bosbou en Visserye Direktoraat Landbourisiko en Rampbestuur Tel: 012 319 7955 / 6 [email protected] Hierdie direktoraat: • bestuur, ontwikkel en implementeer regeringsbeleid, wetgewing en voorskrifte rakende risiko- en rampbestuur in die landbousektor; • stel ’n strategiese plan vir landbourisiko- en -rampbestuur op; • staan provinsiale en plaaslike regerings by en ondersteun hulle in die bestuur van landbourisiko’s en -rampe. Koöperatiewe bestuur Nasionale Rampbestuursentrum van Suid-Afrika Tel: 012 334 0726 www.ndmc.gov.za Die skakels na die Nasionale Brandgevaar-indeks van Suid-Afrika, Advanced Fire Information System (AFIS), Flash Flood Guidance System (FFGS) en die Integrated National Early Warning System (INEWS) is op die webwerf beskikbaar. Suid-Afrikaanse Weerdiens Tel: 012 367 6000 www.weathersa.co.za Teken in op die onderskeie weerkennisgewings- en sms-dienste. Kry advertensie op bl. 167. 3. Betrokke verenigings Besonderhede oor die volgende is in die “Verskaffers van finansiële dienste”hoofstuk beskikbaar: • Financial Intermediaries Association of Southern Africa • South African Insurance Association (SAIA) • Die Ombudsman vir Korttermynversekering • Die Ombudsman vir langtermynversekering • Suid-Afrikaanse Aktuariële Vereniging • Association for Savings & Investment SA • Financial Planning Institute of Southern Africa (FPI) • Raad vir Finansiële Dienste • Institute of Retirement Funds of South Africa (IRF) 4. Betrokke maatskappye ABSA Versekeringsmaatskappy Bpk Tel: 011 350 4000 www.absa.co.za ABSA Lewens Bpk Tel: 011 330 2111 www.absa.co.za African Rand Tel: 011 678 1354 www.africanrand.co.za Agricola Tel: 011 288 0300 www.agricolasa.co.za Vind uit wat u naaste agrionderneming