Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 88

86 Kredietversekering Kredietversekering beteken dat die kredietversekeraar ’n klant se skuld betaal indien die klant gelikwideer word of indien betaling om die een of ander rede nie geskied nie. Hier is ’n paar rolspelers: • Coface South Africa Tel: 011 208 2500 www.cofaceza.com • Credit Guarantee Tel: 011 889 7000 www.creditguarantee.co.za • Lombard Versekeringsgroep Tel: 011 551 0600 www.lombardins. com • Prestige Credit Insurance Consultants Tel: 011 022 0642 www. prestigecredit.co.za Opleiding en navorsing ICOSAMP – The Information Core for Southern African Migrant Pests Tel. 012 356 9800 (ICOSAMPsameroeper) http://icosamp.ecoport.org Trekplae soos sprinkane, kommandowurms en Quelea-voëls teister die Suider-Afrikaanse streek jaarliks, en in sommige jare het hulle groot skade aan gewasse in lidlande van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) veroorsaak. Al hierdie plae is uiters mobiel en steek dikwels politieke grense oor – gevolglik is kommunikasie en samewerking tussen buurlande belangrik vir die vooruitskatting, monitering en beheer van hierdie uitbrekings. Inseta is die onderwys- en opleidingsowerheidsektor (SETA) vir onder andere die versekering-, risikobestuur-, herversekeringen pensioenfondsbedryf. Besoek www.inseta.org.za of skakel 086 113 0013. Insurance Institute of SA Tel: 011 341 9480 www.iisa.co.za Universiteit van die Vrystaat Departement Landbou-ekonomie Tel: 051 401 2824 / 3864 www.ufs.ac.za/agri-econ Lees op die webwerf oor hul FARMS-program, wat risikobestuur insluit – of skakel 051 401 3109. Die Rapids Groep spits hulle hoofsaaklik op vloedbestuursake ICOSAMP , onderskryf deur toe. SAOG en befonds deur die VK se Departement vir Internasionale Dimtec (Rampbestuur, Opleiding Ontwikkeling, het ’n streeksnetwerk en Onderrig Sentrum vir Afrika) van inligtingsbeamptes geskep Tel: 051 401 2721 wat maandeliks verslae oor die www.ufs.ac.za/dimtec status van trekplae in hul land aan die koördineerder van ICOSAMP ’n Departement in die fakulteit indien. Sedert sy totstandkoming in Natuur- en Landbouwetenskappe, die omvangrykste 2000 reik ICOSAMP maandelikse met in bulletins en GIS- (Geografiese meestersgraadprogram rampbestuur in Afrika. Inligtingstelsel) kaarte uit. Ander rolspelers Enviromon Tel: 021 851 5134 www.enviromon.co.za in die landbouwaardeketting wat deur vloede en droogte geaffekteer is. Humanitarian Assistance Network of South Africa (HANSA) Tel: 084 501 5991 [email protected] PricewaterhouseCoopers Agri-bedryfsgroep Frans Weilbach (nasionale leier en suidelike streek) –- 021 815 3000 KwaZulu-Natal – 031 271 2000 Sentrale streek – 051 503 4100 Noordelike streek – 013 754 3300 Oostelike streek – 041 391 4400 Gauteng streek – 012 429 0572 HOTSURE Tel: 0861 468 225 www.hotsure.co.za Webgebaseerde GIS-monitor en Die Regional Emergency Office beheer: moniteer en spoor lewende for Southern Africa (REOSA) hawe, voertuie en houers op. van die Verenigde Nasies se Organisasie vir Voedsel en Landbou Industrial Development (FAO) verskaf koördinering-, Corporation (IDC) tegniese en operasionele bystand Tel: 011 269 3000 met voedselveiligheid en landbouwww.idc.co.za ramprisikovermindering en bestuur (DRR/M). Besoek www. Noodleningsbefondsing word fao-reosa.org. beskikbaar gestel vir ondernemings 5. Primêre bronne van risiko in boerdery Alhoewel die risiko’s hieronder in afsonderlike kategorieë geplaas word om die identifikasie en bestuur van risiko’s te vergemaklik, moet u daarop let dat hulle nie onafhanklik van mekaar bestaan nie. Sommige gevolge op landbouondernemings kan juis aan die wisselwerking tussen risiko’s toegeskryf word. Boere moet risikobestuur vanuit ’n holistiese perspektief benader en moet nooit oënskynlik onwaarskynlike risiko’s ignoreer nie. Produksierisiko. Produksierisiko’s word omskryf as die algehele onsekerheid met betrekking tot produksie. Produksierisiko’s sluit in veranderinge in die weer, in oessukses, in die voorkoms van plae en siektes en in die doeltreffendheid van toerusting. Die waargenome verandering in die globale klimaat hou tans verskeie, en potensiaal gevaarlike, risiko’s in vir die produksie van gewasse, veral gewasse wat met die beskikbaarheid en gehalte van water, asook die stygende temperature, geassosieer word. Prysrisiko. Prysrisiko spruit uit die onvoorspelbaarheid en mededingende aard van die markte vir insette en uitsette. Veranderende pryse van produkte kan op formele markte, soos die onderskeie kommoditeits- en termynbeurse, werklike markte waar kopers en verkopers ontmoet of deur middel van transaksies tussen individuele partye, waargeneem word. Wat die pryse van boerdery-insette aanbetref, is boere hoofsaaklik “prysnemers” – hulle het met ander woorde min of geen sê oor die pryse wat hulle betaal nie en daar is min risikobestuursvaardighede of risikoinstrumente beskikbaar om die risiko te bestuur. Daar bestaan vir sommige gewasse en produkte verskeie finansiële instrumente en produkte waardeur die boer prysrisikobestuur kan bewerkstellig. Maar vir sommige mense kan die prysrisiko wat met landbouuitsette geassosieer, slegs in ’n mate deur ’n doeltreffende bemarkingstrategie bestuur word. Sekere produsente kan ook “prysnemers” wees wanneer dit by uitsette kom, soos byvoorbeeld die melkprodusente. Politieke risiko. Veranderings in die regering of die regeringsbeleid met betrekking tot aangeleenthede soos grondhervorming, indiensnemingsteikens, die welstand van diere, voedsel en veiligheid bring dikwels onsekerheid mee en hou betekenisvolle gevolge vir boere in. Befondsing en befondsingslikiditeitsrisiko. ’n Suksesvolle landbouonderneming sal ’n weldeurdagte befondsingsplan implementeer. Landbouondernemings kan aan sikliese kontantvloeipatrone blootgestel word en daarom is dit noodsaaklik om die befondsingsrisiko van die landbouonderneming te bestuur. Die onlangse krisis het ons geleer dat alle sakeplanne hul operasionele kontantvloei en beleggings na behore moet beplan en ’n befondsingsplan moet hê wat ’n mate van gemoedsrus kan bied ten opsigte van die beskikbaarheid van fondse in kritieke tye. Wanneer beduidende befondsing vereis word, moet dit vooraf gereël word om te voorkom dat ’n tekort aan beskikbare fondse nie ’n negatiewe invloed op die onderneming het nie Valutarisiko. Die appresiasie of depresiasie van die Suid-Afrikaanse rand affekteer die aanvraag na invoere en uitvoere asook die binnelandse pryse vir mededingend verhandelde insette en uitsette. Valutarisiko kan ook ’n groot invloed op prysrisiko hê, in die besonder wanneer pryse van insette of uitsette in ’n buitelandse geldeenheid uitgedruk word, soos die prys van mielies in Amerikaanse dollar. Regsrisiko. ’n Groot aantal boerdery-aktiwiteite het regsimplikasies. ’n Regsrisiko is inherent aan kontraktuele ooreenkomste en kan omgewingsen voedselveiligheidsaanspreeklikhede insluit. Persoonlike risiko. Persoonlike risiko’s is risiko’s wat betrekking het op die mense wat betrokke is by die bestuur van die plaas. Dit sluit veiligheid op die plaas, egskeiding, siekte en dood in.