Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 85

83 • Verskeie navorsingskwessies rakende koöperasies word ondersoek – doen navraag by fakulteite soos die sosiale wetenskappe/ekonomie departemente of die webtuistes van universiteite of by die organisasies wat in hierdie hoofstuk genoem word, gaan kyk byvoorbeeld na die opsie “Publications” by www.copac.org.za, die webtuiste van die Cooperative and Policy Alternative Center (COPAC). • Co-operatives in South Africa: Their Role in Job Creation and Poverty Reduction. Kate Philips. South African Foundation (October 2003). • Soek die “cooperatives”-opsie onder “Topics” by www.led.co.za Waar om meer uit te vind Indien daar ’n groep van julle is – of selfs ’n hele gemeenskap – wat ’n onderneming wil begin waaruit elkeen ewe veel voordeel trek en waarin die winste gelyk tussen al die betrokkenes gedeel word, is dit ’n goeie idee om ’n koöperatiewe onderneming te begin. Dit moet steeds met dieselfde dissipline en volgens dieselfde stelsels bedryf en bestuur word wat op enige onderneming van toepassing is sodat mense doeltreffend kan werk en hul inkomste die uitgawes kan oorskry – die beginsels verskil egter en dit sal verseker dat die voordele van die onderneming wyer versprei word. Kies die kieslysopsie oor koöperasies (kyk by “My business”) op die webtuiste van SEDA (Small Enterprise Development Agency) by – www. seda.org.za. Kry by www.daff.gov.za altesaam 17 handleidings oor hoe om ’n koöperasie te ontwikkel. Kies “Publications”, “General Publications” en dan “Training manuals: Cooperatives”. Sien ook die Info Pak, “How to form a co-operative”, ook by die opsie “Publications”. Kies die opsie “Co-operatives Development” by die Departement van Handel en Nywerheid se webtuiste, www.thedti.gov.za. Besoek die webtuistes van rolspelers wat in hierdie hoofstuk genoem word. bemarking en finansiële dienste Landbouskoue en -byeenkomste 1. Oorsig • Landbouskoue en gebeure is ’n tyd wat mense betrokke in die landbouwaardeketting mekaar kan ontmoet om te netwerk en uit te vind oor die nuutste tegnologieë en neigings. ’n Aantal van gebeure vind plaas in Suid-Afrika en ons het baie hiervan gelys. Hierdie hoofstuk is geensins die volle prentjie nie en die leser word