81
6. Finansies
Raadpleeg die aantekeninge oor SACCOL, Dora Tamana en die CBDC in afdeling 8
van hierdie hoofstuk.
Skenkings en donasies
Party koöperasies probeer om bykomende fondse te bekom van skenkersen ontwikkelingsagentskappe, NRO’s of regeringsbronne wat by geleentheid
fondse opsysit om die ontwikkeling van koöperasies te ondersteun.
Toekennings en skenkings is ’n manier waarop ’n koöperasie, wat sukkel om
toegang tot fondse te kry, gehelp kan word. ’n Mens moet egter daarop let
dat hierdie bron van finansiering potensiële probleme inhou:
• Dit kan bydra tot afhanklikheid, omdat lede van die koöperasie minder
gemotiveerd sal wees om die organisasie op sy eie voete te laat staan.
Op die lang duur kan dit beteken dat koöperasies nie selfstandig word
nie en verwag dat ’n agent van buite tussenbeide sal tree wanneer hulle
probleme ondervind.
• Dit kan ook ’n mate van verlies van onafhanklikheid beteken, aangesien
baie skenkings voorskrifte en voorwaardes bevat ooreenkomstig
finansieringsliggame se agendas.
Navraag kan gedoen word oor skenkings en donasies wat vir koöperasies
beskikbaar is by die verskillende maatskaplikebeleggingskemas wat privaat
maatskappye, semi-staatsinstellings en staatsdepartemente aanbied.
Lenings
Die meeste kleinsakeondernemings in die wêreld bekom fondse deur die
leningsiklus. Leningsaansoeke is ’n belangrike manier waarop koöperasies
toegang kan kry tot die kapitaal wat hulle nodig het om toerusting aan te
koop en vir die opleiding van koöperasielede te betaal. Die nadeel van hierdie
finansieringsvorm is die beperkte toegang wat talle arm Suid-Afrikaners tot
finansiële instellings het, asook die hoë rentekoerse en diensgeld wat gehef
word.
Ander
Die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) se Koöperatiewe
Aansporingskema voorsien ’n direkte kontanttoekenning vir geregistreerde
primêre koöperatiewe (vyf of meer lede). Een van die departement se
afdelings, The Enterprise Organisation (TEO), evalueer en administreer
befondsing.
Raadpleeg die hoofstuk “ Finansieringsdienste vir Ontwikkeling” vir nog bronne van
finansiële bystand.
7. Nasionale strategie en regeringskontakte
Koöperasies was so suksesvol in sekere dele van die wêreld dat die Suid-Afrikaanse
regering wil toesien dat meer mense hier koöperasies begin. In veskei lande,
wêreldwyd, speel koöperasies ’n stabiliserende rol in die landelike gebiede. Indien
koöperasies op die regte wyse aangepak word – met heelwat betrokkenheid,
ondersteuning en beplanning – kan hulle ’n groot rol speel om werksge