80
koöperasies het lede gelyke stemreg (een lid, een stem). Indien lede
onbetrokke raak, lei dit dikwels tot die ondergang van die koöperasie.
• Ekonomiese deelname deur lede: Lede dra gelyk by tot en beheer
die kapitaal van hul koöperasie demokraties. Ten minste ’n gedeelte
van hierdie kapitaal is gewoonlik die gemeenskaplike eiendom van
die koöperasie. Surplusse kan gebruik word om die koöperasie
verder te ontwikkel; om lede in verhouding tot hulle transaksies met
die koöperasie te betaal; en om ander aktiwiteite wat deur die lede
goedgekeur is, te steun.
• Outonomie en onafhanklikheid: ’n Koöperasie is ’n onafhanklike,
selfhelporganisasie wat deur sy lede beheer word. Indien hulle
ooreenkomste met ander organisasies aangaan, insluitend regerings, of
kapitaal uit eksterne bronne verkry, word dit volgens bepalings gedoen
wat demokratiese beheer deur sy lede verseker.
• Onderrig, opleiding en inligting: ’n Koöperasie bied onderwys
en opleiding aan sy lede, verkose verteenwoordigers, bestuurders
en werknemers sodat hulle doeltreffend tot die ontwikkeling van
hul koöperasie kan bydra. ’n Koöperasie lig die algemene publiek in
– veral jong mense en opinieleiers – oor die aard en voordele van
samewerking.
• Samewerking onder koöperasies: ’n Koöperasie dien sy lede die
doeltreffendste en versterk die koöperasiebeweging deur met plaaslike,
nasionale, streeks- en internasionale strukture saam te werk.
• Besorgdheid oor die gemeenskap: ’n Koöperasie werk vir die
volhoubare ontwikkeling van sy gemeenskap deur beleide wat deur
die lede goedgekeur is.
Die koöperatiewe beginsels is riglyne waarvolgens koöperasies hul waardes
prakties toepas.
4. Tipes koöperasies
’n Koöperasie word gewoonlik as óf ’n landbou-ondernemingsvorm óf as
’n staatsgedrewe welsynsingrypingmaatreël beskou. Die reg plaas egter nie
enige beperkings op die tipe koöperasies wat geregistreer kan word nie.
Hier is ’n paar van die moontlikhede:
• Landboukoöperasies: ’n Landboukoöperasie is ’n koöperasie wat
landbouprodukte produseer, prosesseer of bemark en landbou-insette
en -dienste aan sy lede verskaf.
• Verbruikerskoöperasies: ’n Verbruikerskoöperasie verkry en
versprei goedere aan sy lede en nielede en verskaf ook dienste aan sy
lede. ’n Koöperasie wat kruideniersware in groot maat aankoop en dit
aan sy lede en die publiek verkoop, terwyl dit spesiale afslag aan sy lede
of ’n terugbetaling op grond van die som van hul transak sies gee, is ’n
voorbeeld van ’n verbruikerskoöperasie.
• Bemarking- en verskaffingskoöperasies: ’n Bemarking- en
verskaffingskoöperasie is ’n koöperasie wat produksie-insette aan
lede verskaf en hul produkte bemark of prosesseer. ’n Voorbeeld is
’n naaldwerkkoöperasie wat materiaal en naaimasjiene aan sy lede
verskaf en dan die items bemark wat hulle maak. Hierdie kategorie
sluit ook landboubemarkings- en verskaffingskoöperasies in.
• Behuisingskoöperasies: ’n Behuisingskoöperasie is ’n primêre
koöperasie wat behuising aan sy lede verskaf of ’n sekondêre koöperasie
wat tegniese dienste aan primêre behuisingskoöperasies voorsien.
• Finansiëledienste-koöperasies: ’n Finansiëledienstekoöperasie is ’n
primêre koöperasie waarvan die hoofdoel is om finansiële dienste aan
sy lede te verskaf, of ’n sekondêre koöperasie wat finansiële dienste
aan ’n primêre koöperasie verskaf. ’n Voorbeeld hiervan is ’n spaaren-leningskoöperasie waarin die lede hul spaargeld bymekaargooi en
lenings aan mekaar toestaan.
• Maatskaplike koöperasies: ’n Maatskaplike koöperasie is ’n
koöperasie sonder winsoogmerk wat maatskaplike dienste aan sy lede
voorsien, soos die versorging van bejaardes, kinders en siekes.
• Koöperatiewe
begrafnisverenigings:
’n
Koöperatiewe
begrafnisvereniging is ’n koöperasie wat begrafnisvoordele soos
begrafnisversekering en verwante dienste aan sy lede en hul afhanklikes
bied.
• Dienskoöperasies: ’n Dienskoöperasie is ’n koöperasie wat behuising,
gesondheidsorg, kindersorg, vervoer, kommunikasie of ander dienste
verskaf.
• Werkerskoöperasies: ’n Werkerskoöperasie is ’n primêre koöperasie
wat werk verskaf aan sy lede of ’n sekondêre koöperasie wat dienste
aan sy primêre werkerskoöperasies verskaf.
LET WEL: Dit is moontlik om verskillende tipes koöperasies in ’n veeldoelige
koöperasie te kombineer.
5. Waarom landboukoöperasies vorm?
Die belangrikheid van landboukoöperasies lê in werkskepping, die
mobilisering van hulpbronne, om beleggings te genereer en hulle bydrae
tot die ekonomie. In hulle onderskeie vorms bevorder landboukoöperasies
algehele deelname aan die ekonomiese en maatskaplike ontwikkeling van
alle mense.
Landboukoöperasies dien hulle lede op die volgende wyses:
• Dit verbeter bedingingsmag: ’n Aantal lede wat saamstaan, beklee
’n sterker posisie wanneer hulle met ander ondernemings sake doen.
• Verminder aankoopkoste: Deur op groot maat aan te koop, word
die aankoopprys van noodsaaklike voorraad laer.
• Bekom marktoegang of brei markgeleenthede uit: Meer kopers
word gelok vanweë die waarde wat jy kan toevoeg en die versekering
wat jy kan bied aan klante wat groter hoeveelhede verlang.
• Verbeter produkte of die gehalte van die diens: Tevredenheid by
lede word bereik deur verbeterde fasiliteite, toerusting en dienste.
• Bekom produkte of dienste wat andersins nie beskikbaar sou
wees nie: Landboukoöperasies verskaf dikwels dienste of produkte
wat ander privaatondernemings nie sal lok nie.
• Verminder koste of verhoog inkomste: Deur die bedryfskoste te
verminder, word die hoeveelheid verdienste beskikbaar vir verspreiding
aan lede om hulle inkomste ’n hupstoot te gee, vermeerder.
Bron: Aangepas uit Guidelines for establishing agricultural co-operatives. Die
dokument is by www.daff.gov.za beskikbaar.