Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 81

79 • Kry ’n weldeurdagte, geskrewe bemarkingsplan. Daar word aanbeveel dat u termynkontrakpryse daagliks volg en tabuleer. ’n Analise van waarom pryse op ’n bepaalde dag sterk of swak is, is een van die mees doeltreffende metodes om kennis van die graanmark te bekom • Wanneer u bemarkingsplan verskansing, ’n termynkontrak of -opsies insluit, moet u seker maak dat die kostes in u berekeninge ingesluit is. • U bemarkingsplan moet gereeld en op ’n objektiewe wyse opgedateer word. • Gebruik hierdie inligting wanneer u besluit op die verkoop of berging van u oes ten einde voordeel uit die termynkontrakprysverhoging te trek. • Verstaan dat hoë pryse gewoonlik produksie stimuleer wat kan lei tot ’n verlaging in pryse, vandaar die belangrikheid om pryse vas te maak terwyl hulle hoog is. • Moenie produkte te lank berg nie, aangesien bergingsfooie hoog is en u rente op die geld kan verloor wat u sou gemaak het as u verkoop het. Boere kan altyd voordeel uit stygende pryse trek deur die finansiële instrumente op Safex te gebruik. Oorweeg al die betrokke kostes en sluit krimping in. • Verstaan die termynkontrakmarkte – aangesien termynkontrakte tot 12 maande vooruit verhandel kan word, verleng hulle die markseisoen van ’n paar weke tot 12 maande – en bied u dus die geleentheid om voordeel te trek uit die gereelde tydelike prysverhogings. • Indien pryse op enige stadium styg – weens verswakte effektebeurskoerse, weer, gewasfaktore, internasionale vraag-enaanbodfaktore en voornemens om later in die jaar te plant – het u dus ’n geleentheid om deel te neem aan die prysverhogings. Hierdie strategie verhoed “sê maar net”-scenario’s. • Voor enige gewas aangeplant word, moet ’n boer kyk teen watter prys die termynkontrak vir daardie kommoditeit op daardie tydperk van aanplanting verhandel, byvoorbeeld die Julie-kontrak. Indien dit (volgens daardie prys en deur die gebruik van ’n gemiddelde driejaaroplewering vir die kommoditeit ) winsgewend is om te plant, kan hy of sy daarmee voortgaan. Hy of sy moet egter die prys verskans (vasmaak) deur óf vooruitkontraktering óf deur verkoopopsies of termynkontrakte te koop. Dit beteken dat hy of sy nie blootgestel sal word aan moontlike prysverlagings voordat hy of sy die gewas oes nie. • Verstaan die opsiesmarkte: Opsies bied nuwe geleenthede. Koop versekering teen negatiewe prysbewegings sonder dat u die voordele wat met gunstige prysbewegings gepaardgaan, verloor. U hoef nie margegeld (soos in die termynkontrakmark) aan te bied nie en u hoef nie bekommerd te wees oor die feit dat u genoeg kontant moet hê om aan margekoopopsies te voldoen nie. Daar is ook geen produksierisiko wat met u bemarkingsbesluit geassosieer word nie. Die uiteindelike waarde van hierdie opsies hang af van die koste van die versekeringspremie (wat daagliks verander) en die risiko van negatiewe prysbewegings. Bron: ‘Finance for Farmers’ Standard Bank. 13. Publikasies en webwerwe • www.cmegroup.com – Chicago Board of Trade • www.nass.usda.gov – die National Agricultural Statistics Service (VSA) • www.usda.gov/oce/commodity – die (