Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 80

78 Lid en lidkode Telefoon Robinsin Mulder De Waal Financial Services (Edms) Bpk – RMDM 012 665 5010 Russelstone Group (Edms) Bpk GVFM 012 482 6600 SA Derivatives SSSM 031 566 4680 Senwes Bpk – SWKM 018 464 7800 Sigma Options Writers (Edms) Bpk – SOWM 028 313 0104 Standard Bank of South Africa – STDM 011 378 8620 Suidwes Landbou (Edms) Bpk – SWLM 018 581 1000 Thebe Securities Limited – TBEM 011 375 1000 28E Capital (Edms) Bpk TEEM 012 663 1115 Tradekor (Edms) Bpk – TDKM 011 721 3100 Trademar Futures (Edms) Bpk – TMRM 011 244 9860 TTSA Securities (Edms) Bpk – IMBM 011 277 5323 Unigrain (Edms) Bpk – UNGM 011 692 4400 Vanguard Derivatives (Edms) Bpk – MMMM 011 722 7511 Vantage Capital Markets SA – VCMM 011 326 2239 Vorlon (Edms) Bpk – VORM 011 502 2760 VKB Beperk – VRYM 058 863 8280 Vrystaat Mielies (Edms) Bpk –VMBM 018 294 2200 12. Kommersiële boere Vir ’n opgedateerde lys, kyk www.jse.co.za. Kenners beveel aan dat die effektebeurs liefs vir beskerming teen prysskommelinge gebruik moet word, eerder as om vinnig wins daarop te maak. Sommige markdeelnemers het aan die kortste ent getrek omdat hulle gedink het dat hulle die mark kon lees en hulself aan prysvolatiliteit blootgestel het. Dit is maklik om geld te maak op ’n stygende mark (stygspekulantfase), maar wanneer dit tot ’n einde kom, kan u groot verliese ly. Boere sowel as kenners, en ongelukkig ook sommige pensioenfondse, het geld verloor deur op Safex te spekuleer. Enige boer kan Safex-pryse op sy of haar selfoon aflaai. Sommige gebruik dit as aanwysers en teken vaste pryskontrakte gebaseer op daardie effektebeursprys. Indien die prys egter verander, sal daardie boere nog steeds die kontrakprys moet aanvaar al is dit hoër as die effektebeursprys. Wenke vir boere • Bly in voeling met die vraag-en-aanbodvoorwaardes wat op u kommoditeit van toepassing is. Probeer om prysvooruitskattings uit twee tot drie verskillende bronne te kry. • Skakel die graanmakelaars gereeld om hul opinie van die mark te kry – of pryse in die toekoms sal styg of afneem, en die redes daarvoor. Verstaan binnelandse en wêreldmarkte. • Verstaan die beperkings van prysvooruitskatting – akkurate vooruitskatting is onmoontlik. • Kry ’n weldeurdagte, geskrewe bemarkingsplan. Daar word aanbeveel dat u termynkontrakpryse daagliks volg en tabuleer. ’n Analise van waarom pryse op ’n bepaalde dag sterk of swak is, is een van die mees doeltreffende metodes om kennis van die graanmark te bekom