Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 73

71 Ondernemings en die Intellektuelegoedere Kommissie Registrateur van Intellektuelegoedere Tel: 0861 843 384 Patentkantoor Tel: 012 394 0610 [email protected] www.cipc.co.za Nasionale Navorsingstigting Tel: 012 481 4000/4191 www.nrf.ac.za Die Technology Innovation Agency (TIA) in 2010 gestig om die kommerersialisering van plaaslsike navorsing en ontwikkeling(R&D) te ondersteun. Sien www.tia.org.za. DM Kisch INC Tel: 011 324 3000 Tel: 012 460 3203 www.dmkisch.com Edward Nathan Sonnenbergs Tel: 011 269 7600 www.ens.co.za The Innovation Hub Tel: 012 844 0000 www.theinnovationhub.com Die SAIIPL verteenwoordig patentprokureurs, agente, praktisyns en akademici in SuidAfrika wat in intellektueelgoedereg spesialiseer. Suidelike Opvoedings- en Navorsingsalliansie (SERA) Die Afrika-sentrum vir Geentegnologie Tel: 082 878 5669 www.seralliance.com Die regsfakulteite aan die verskillende Suid-Afrikaanse universiteite. Quintessential Africa Holdings Tel: 011 463 2054 www.qah.co.za Universiteit van Kaapstad Nagraadse Sakeskool Tel: 021 406 1911 www.gsb.uct.ac.za Navorsingsinstituut vir Innovasie en Volhoubaarheid (RIIS) Tel: 012 844 0670/1 www.riis.co.za Universiteit van Suid-Afrika (UNISA) Sentrum vir Besigheidsreg Tel: 012 429 8432 www.unisa.ac.za South African Innovation Network (SAINe) Tel: 012 844 0672 www.saine.co.za ’n Gesamentlike intellektuelegoedere eiendomsregprogram word bedryf deur die Wêreldorganisasie vir intellektuele eiendom (WIPO)-akademie en die Universiteit van Suid-Afrika(Unisa) deur afstandsonderrig. Suid-Afrikaanse Instituut vir Intellektuele Goederereg (SAIIPL) Tel: 012 683 8827 www.saiipl.org.za Kommoditeitehandel Sien ook die hoofstuk “Graanberging en -hantering” 4. Nasionale rolspelers Adams & Adams Tel: 012 432 6000 Afrika-patentdepartement www.adamsadams.co.za bemarking en finansiële dienste 5. Publikasies en webwerwe • Besoek webwerwe van die rolspelers wat in hierdie hoofstuk genoem is. •Verskeie belangrike artikels en verslae kan gekry word op www.polity. org.za Dit sluit World Intellectual Property Report 2011 deur WIPO en die artikel “When is research and development tax deductable?” geskryf deur Tumelo Tshava, Patentprokureur by Adams & Adams in • www.ip-watch.org – Intellectual Property Watch • www.eta-awards.co.za – innovasie in die energiesektor word beloon • Die WIPO Intellectual Property Handbook bied ’n omvattende inleiding en is verkrygbaar op die WIPO-webwerf – www.wipo.int • A Developing Country Perspective on Animal Breeders and Intellectual Property Rights M.M. Scholtz, Suid-Afrikaanse Vereniging vir Veekunde (SAVVK). Besoek www.sasas.co.za • The Patent Journal is ’n patentjoernaal wat maandeliks by die Staatsdrukker verskyn. Dit bevat inligting oor patente, handelsmerke, ontwerpe en outeursreg in kinematografiese films in Suid-Afrika. Dit is verkrygbaar by die Staatsdrukker in Pretoria. • Vir ’n toeganklike inleiding tot IGR en inligtingsaangeleen thede, sien die volgende: - Die publikasies deur Professor James Boyle op http://james-boyle.com - Vandana Shiva se Protect or Plunder? Understanding Intellectual Property Rights (Zed Books, 2001) - Protecting Business Ideas – Basics of Intellectual Property Reinhardt Buys en Pria Chetty Frontline Publishing ISBN 1920099166 1. Oorsig Sedert die deregulering van die landboumark in die middel 1990’s, is die landbouafgeleide-mark in Suid-Afrika hier om te bly. Die prysrisiko bestuursmiddele wat hierdie mark voorsien, laat deelnemers toe om die prysvolatiliteit in die onderliggende fisiese mark te verskans. Die regering se belofte in 1995 om uit die prysbepalingsproses in die landboumark te bly, geld steeds, wat gevolglik gelei het tot die ontwikkeling van ’n ware vrye markomgewing. Die mees aktiewe kontrakte wat bedryf word, is steeds die witmieliestermynkontrakte, gevolg deur ’n 50 ton koringkontrak en ’n 25 ton sojaboonkontrak. In Augustus 2001 het lede van die Suid-Afrikaanse Termynbeurs (Safex), beide finansiële en landboumarkte, ’n aanbod aanvaar deur die JSE Sekuriteitebeurs om hulle uit te koop. Die Landbouprodukteafdeling (Agricultural Products Division) van die JSE Sekuriteitebeurs is toe op die been gebring om die funksies van die eertydse LBA (LMD) oor te neem. In 2009 het die JSE ’n lisensiëringsooreenkoms met die CME Group, die wêreld se mees diverse, afgeleide beurs, gesluit. Dit het aan die JSE die geleentheid gebied om ’n aantal kontantvereffende kommoditeite bekend te stel, wat die internasionale, toonaangewende beurs as verwysing gebruik vir die finale vereffeningswaarde. Nadat dit uitgebrei is om metale en ruolie in te sluit, het die landbouafgeleide-mark ’n nuwe handelsmerk aangeneem om die Safex-kommoditeitsafgeleide-mark van die JSE (Johannesburg Sekuriteitebeurs) te word. 2. Wat is die rol van die kommoditeitsafgeleidemark? Die kommoditeitsafgeleide-bedryf, en in die besonder landbouafgeleidemarkte, speel ’n aktiewe rol in prysbepaling en -deursigtigheid in die plaaslike landboumark, terwyl dit ’n doeltreffende prysrisikobestuursfasil teit verskaf. Produsente en gebruikers van landboukommoditeite verskans hul prysrisiko en beperk sodoende hul blootstelling aan onverwagte prysbewegings. Dit moedig verhoogde produktiwiteit in die landbousektor aan, aangesien boere en gebruikers in staat is om hul pogings op die bestuur van produksierisiko’s toe te spits. Dit is die risiko’s wat met veranderlikes soos weer, plaas-/ produksiebestuur en seisoenale toestande geassosieer word. Die termynmark se doel is uitsluitlik om kommersiële gebruikers in staat te stel om hul transaksies te verskans of om gunstige pryse te kry. Die mark kan nietemin nie doeltreffend en effektief sonder spekulante bedryf word nie omdat hulle die nodige marklikiditeit voorsien wat kommersiële gebruikers in staat stel om te verskans. Spekulante gebruik termyn- en opsiekontrakte in ’n poging om wins op korttermynprysbewegings te maak. Finansiële instellings wat geld aan hierdie sektore leen, is ook van kleiner risikoprofiele verseker wanneer hulle met kliënte werk wat ’n gedeelte van hul prysrisiko’s verskans het. Sodanige kliënte kan tipies teen goedkoper koerse toegang tot fondse verkry as wat andersins aan hulle aangebied sou word. Die landbouafgeleide-mark het in so ’n mate ontwikkel dat die kontantmark nou, ten einde behoorlik te kan funksioneer, grotendeels op die prysdeursigtigheid en ontdekkingsproses van dié mark steun. Pryse wat op die mark vir afgeleides gegenereer word, word nou as die bedryfstandaard en verwysingspunt regoor Suider-Afrika beskou. Die afdeling het in 2010 funksionaliteit ingebring wat rekening hou met