72
Safex-silobewyse wat afgelewer word by die voltooiing van ’n kort
termynkontrakposisie wat op ’n oop veiling beskikbaar gemaak moet word.
Hier kan bestaande lang posisiehouers of enige ander belangstellende kliënte
op voorraad teen bepaalde afleweringspunte bie en indien hulle suksesvol
is, sal hulle ’n Safex-silobewys wat voorraad in die silo verteenwoordig,
ontvang. Die volledige premiebod word oorgedra na die verkoper wat die
produk aflewer. Dit is net nog ’n innovasie deur die beurs om waarde toe te
voeg vir markdeelnemers wat die beursplatform gebruik.
3. Waarom met kommoditeitsafgeleides op ’n
effektebeurs verhandel?
1. Regulasie – Die Safex kommoditeitsafgeleide-mark word deur die JSE
besit en bestuur en deur die Financial Services Board (FSB) gereguleer,
wat toesig hou oor die effektebeurs se verslaggewing ten opsigte van
die Securities Services Act van 2004.
2. Marge – Wanneer daar met afgeleide produkte verhandel word,
vereis die effektebeurs die betaling van beide aanvangsmarge en
veranderlikesmarge. Die aanvangsmarge word bepaal deur die
verrekeningshuis en wissel afhangende van historiese prysvolatiliteit.
Die veranderlikesmarge is ’n daaglikse vloei van fondse (winste/
verliese) wat ontstaan weens enige oop posisie wat deur ’n metodiek
van waardasie (M-t-M) bereken word.
3. Finansiële integriteit – Wanneer daar op die effektebeurs verhandel
word, word die effektebeurs se verrekeningshuis die verkoper vir
elke koper en die koper vir elke verkoper. Dit staan lede vry om
sonder enige kredietrisiko met mekaar handel te dryf. Dit elimineer
d toonbank-markte
teenpartyrisiko wat oorheersend is in die oorie
(OTM) (over-the-counter markets [OTC]).
4. Deursigtigheid – Prysberekening word bepaal bloot op die basis van
vraag en aanbod. Pryse vir elke kontrak word beding tussen kopers
en verkopers via ’n elektroniese bestelparingsplatform wat bekend
staan as die Outomatiese Handelstelsel (OHS) (Automated Trading
System [ATS]). Die teenwoordigheid van verskeie kopers en verkopers
verseker dat pryse altyd mededingend is en doeltreffend aangepas
word om veranderinge in die onderliggende mark te weerspieël.
4. Hoe word met kommoditeitsafgeleides handel
gedryf?
Geregistreerde kommoditeitsafgeleide-ma