Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 72

70 • International Association for the Protection of Intellectual Property (AIPPI) – www.aippi.org • Die oogmerk van die Internasionale Komitee vir Produksiekontrole by Diere (ICAR – International Committee for Animal Recording) is om die ontwikkeling en verbetering van prestasieaantekening en die evaluering van lewende hawe te bevorder – www.icar.org. • International Federation of Intellectual Property Attorneys – www.ficpi.org • International Trademark Association (INTA) – www.inta.org • Die oogmerk van die Internasionale Unie vir die Beskerming van Nuwe Variëteite van Plante (UPOV – International Union for the Protection of New Varieties of Plants) is om nuwe plantvariëteite deur intellektueelgoedereregte te beskerm. Besoek www.upov.int. • Vind meer uit oor die konsep van die regte van aanhouers van vee (LKR – livestock keepers’ rights) by www.pastoralpeoples.org, webtuiste van die League for Pastoral Peoples. • PhytoTrade Africa – www.phytotradeafrica.com. • Die SEED Initiative ondersteun ondersteun en bevorder innoveerders en ontwikkelende lande. Dit is gesetel in die Verenigde Koninkryk en is ’n vennootskap tussen regerings, internasionale organisasies, navorsingsinstellings en instellings vir kapas iteitsbou, en sakeondernemings. Meer inligting is by www.seedinit.org beskikbaar. • TRIPS Agreement – kyk World Trade Organisation • United Kingdom Intellectual Property Office – www.ipo.gov.uk • United States Patent and Trademark Office – www.uspto.gov • Die Wêreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom (WIPO) is daarvoor verantwoordelik om die progressiewe ontwikkeling en harmoniëring van IG-wetgewing, standaarde en prosedures onder sy lidstate te bevorder. • WIPO bestuur ’n aantal programme wat daarop gemik is om die doeltreffende gebruik van intellektuele goedere as ’n instrument van ekonomiese ontwikkeling. WIPO het ook ’n Interregeringskomitee ingestel ten einde aandag te gee aan die beskerming van IGR wat in wisselwerking staan met tradisionele kennis, folklore en genetiese/ biologiese hulpbronne. Die WIPO se Wêreldwye Akademie is volledig toegespits op die verskaffing van opleiding in IG. Besoek www.wipo.int. • Die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) administreer die ooreenkoms oor handelsverwante intellektuele eiendomsregte (TradeRelated Aspects of Intellectual Property Rights [TRIPS]), ’n internasionale ooreenkoms wat in 1994 beding is en wat vir die eerste maal reëls rakende intellektuele goedere in die multilaterale handelstelsel invoer. Die TRIPS-ooreenkoms maak patente op lewensvorme moontlik en vereis dat plantvariëteite patentbeskerming of sui generis-beskerming geniet. Die ooreenkoms kan ook beskerming bied in die koppelvlak tussen intellektuele goedere en inheemse kennis. Besoek www.wto.org. 3. Nasionale strategie en regeringskontakte Intellektueelgoedereregte (IGR) in Suid-Afrika is onderworpe aan internasionale ooreenkomste, veral die TRIPS-ooreenkoms wat minimumstandaarde vir alle ondertekenaarlande stel. ’n Land se IGRregime behels verskillende aspekte, waaronder standaarde, beperkings en toepassing, maar dié drie elemente wissel baie van land tot land. Die internasionale liggaam wat IGR reguleer is die VN se Wêreldorganisasie vir Intellektuele Eiendom (WIPO), waarvan Suid-Afrika in 1995 lid geword het. SA is ook ’n ondertekenaar van die Paryse Konvensie, die Patent-samewerkingsverdrag (Patent Co-operation Treaty – PCT), die Boedapest-Verdrag en TRIPS. Planttelersregte word gereguleer deur die Internasionale Unie vir die Beskerming van Nuwe Variëteite van Plante (UPOV)(sien opskrif 2), waarvan Suid-Afrika ook lid is. Die Departement van Handel en Nywerheid is die bewaarder van IGR in Suid-Afrika en verskaf die algemene magtigende wetgewing en dienste vir registrasie, beskerming, ondersoek, beregting en kommersialisering. Wetgewing kan egter verskeie staatsdepartemente betrek, byvoorbeeld die Departement van Wetenskap en Tegnologie, van Omgewingsake, van Landbou, Bosbou en Visserye. Kry die kontakbesonderhede van alle regeringsdepartemente by www.info.gov.za.