69
van die provinsie se wol en sybokhaar word onverwerk en halfverwerk
uitgevoer, en die sektor se groeipotensiaal is uitstekend.
Meer as 150 jaar in die wol- en sybokhaarbedryf het die provinsie
waardevolle ervaring laat opdoen in die verwante boerdery, tegnologie,
opleiding, produksie en bemarking. Nuwe beleggings sal die bedryf in
staat stel om nog waarde toe te voeg tot die provinsie se uitstekende rou
materiale deur die produksie van kwaliteitwol- en -sybokhaarprodukte vir
die wêreld se nismarkte.
Sybokhaar
• Die Oos-Kaap is Suid-Afrika se belangrikste sybokhaarproduserende
gebied en die onbetwiste leier in sybokhaarproduksie in die wêreld.
• Die oop-uitroepvendusiestelsel (open-cry auction system) het die
hoofhandelsplatform geword wat gemiddeld 96% van die totale volume
sybokhaar verhandel. Ander handelskeuses vir sybokhaarprodusente en
-kopers is plaashekverkope, kontrakte en termynverkope, elektroniese
vendusies en tenders.
• ’n Onlangse nuwigheid op die sybokhaarmark is geïnisieer deur ’n
groep produsente wat hul sybokhaar buite-om die lokomarkstelsel as
“Kamdeboo-sybokhaar” bemark deur regstreeks aan die verwerkers
te verkoop deur middel van kontrakte en ooreenkomste.
• Produsente het dus verskeie keuses vir die verkoop van hul produk en
kan verkope terughou totdat die pryse verbeter.
Wol
• Wol word in ’n vryemarkomgewing verkoop en produsente het die
vryheid om hulle wol te verkoop aan wie hulle wil. Die grootste gedeelte
van Suid-Afrika se woloes word per openbare veiling verkoop.
• Hierdie veilings vind feitlik elke Woensdag in Port Elizabeth plaas tydens
die wolveilingseisoen wat strek van die tweede helfte van Augustus
tot middel-Junie van die volgende jaar. Die veilings word gehou onder
die beskerming van die Suid-Afrikaanse wol- en sybokhaarkopersvere
niging (Sawamba) en slegs lede van Sawamba word toegelaat om op
veilings te bie.
• Die pryse wat vir wol betaal word, word deur die vraag en aanbod van
die vrye mark bepaal en gaan hand aan hand met die internasionale
prys van klerewol, wat in Australië vasgestel word waar die grootste
volumes klerewol verhandel word.
• Weens gebrek aan ruimte word wol nie in die veilingslokaal uitgestal
nie en kopers koop volgens ’n katalogus wat deur die onderskeie
makelaars verskaf word. Kopers kry geleentheid om ’n paar dae voor
die tyd monsters van die onderskeie lotte in die afslaers se pakhuise te
inspekteer.
• Wol word in verskillende tipes verdeel en verskillende pryse, wat van
veiling tot veiling kan verskil, word vir verskillende tipes betaal. Die
Woltoetsburo van Suid-Afrika toets wol vir verskeie eienskappe soos
veseldeursnee (in mikron), skoon opbrengs, lengte en sterkte asook
plantaardige stof, waarna daar ’n sertifikaat uitgereik word. Hierdie
sertifikaat word saam met die monster vertoon sodat ’n koper presies
weet watter tipe wol hy koop.
• Ná die ver