64
3. Wat is ’n kredietwaarborg?
4. Belanghebbendes
Boere wat nie ’n transportakte het vir die grond waarop hulle boer of wat
nie aan die ander konvensionele vereistes vir sekuriteit by handelsbanke
voldoen nie, word dikwels uitgesluit van toegang tot landboufinansiering.
Dit kan egter help as so ’n boer kredietwaarborge bekom.
Business Partners is ’n beleggingsmaatskappy vir klein en medium
ondernemings en bied ’n reeks ondersteuningsdienste aan die entrepreneur.
Die maatskappy belê tussen R250 000 en R15 miljoen in KMO’s. Hulle bied
nie ondersteuning aan landbou nie, maar mag dalk help indien u landbouinsette wil voorsien of by een of ander vorm van verwerking betrokke is. Kry
kontakbesonderhede van hulle landswye takke by www.businesspartners.
co.za.
Vir ’n individu: ’n Kredietwaarborg het ten doel om leners te help om
gewone bankfasiliteite te bekom sodat hulle in staat gestel kan word om
nuwe of bestaande besighede te vestig, uit te brei of te verkry. Volgens
die normale leningskriteria sal hulle nie vir sulke finansiering kwalifiseer nie,
aangesien hulle nie ondersteun word deur skadeloosstellingsdekking nie.
“Skadeloosstellingsdekking beteken die mate waarin ’n fonds die bank
skadeloos stel teen die bank se onverhaalbare verlies met betrekking tot die
betrokke fasiliteit (uitgedruk as ’n persentasie).”
Vir ’n maatskappy: Kredietversekering hou drie belangrike voordele vir
’n maatskappy in:
• Risikobeskerming – beskerming teen niebetaling.
• Beter finansiering – verbeterde finansieringsmeganismes deur
verhoogde sekuriteit aan die verskaffers van finansiering.
• Verhoogde verkope – kredietversekering sal ’n mens in staat stel om
meer goedere aan nuwe en bestaande klante te verkoop, wat die
algehele risiko wesenlik verminder.
Wat is kredietversekering? Plaaslike kredietversekering bied beskerming
teen die niebetaling van skuld (byvoorbeeld weens insolvensie of langdurige
wanbetaling) wat skuldenaars wat in Suid-Afrika en/of die gemeenskaplike
monetêre gebied gesetel is, aangegaan het.
Die kommersiële banke het gespesialiseerde KMO-afdelings wat
finansiering bied aan entrepreneurs wat daarvoor kwalifiseer. Kontak die
banke of besoek hulle webtuistes om meer oor hulle produkte en dienste,
asook hulle kriteria om finansiering te ontvang, te wete te kom. Die meeste
banke bied ook kredietwaarborge aan.
Koöperatiewe banke is ’n moontlikheid. Verwys na die hoofstuk oor
koöperatiewe.
Die Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB)-puntetelling beloon
maatskappye indien hulle finansiële bydraes voordelig vir Swart mense
is. Lees meer hieroor in die hoofstuk oor SEB of tree in verbinding met
rolspelers soos Enterprise Development Organisation (MEDO). MEDO
verbind groot Suid-Afrikaanse maatskappye – met ’n jaarlikse omset bo R35
miljoen – met ontluikende mikro-ondernemings – met ’n jaarlikse omset
van minder as R5 miljoen – waarvan ten minste 50% in swart besit is. Kyk
by www.medo.co.za of skakel MEDO by die volgende nommers: 010 500
5000 (Johannesburg); 012 004 0500 (Pretoria); 021 3000 500 (Kaapstad);
031 100 0500 (Durban).
Ontwikkelingsfinansieringsinstellings (Development finance institutions
– DFIs) word gelys onder “Ontwikkelingsbanke en -agentskappe in
staatsbesit” later in hierdie hoofstuk. Dit is instellings soos die IDC,
Landbank, ensovoorts.
Bron: www.creditguarantee.co.za
Die DGRV SA verleen hulp aan koöperatiewe. Kyk by www.dgrvsa.co.za.
’n Leningswaarborgfonds verskaf en verseker toegang tot finansiering
en tegniese vaardighede aan opkomende swart landbou-entrepreneurs en
boere. Verskeie handelsbanke en die ontwikkelingsfinansieringsinstellings
(OFI’s) in die land neem aan hierdie waarborgskema deel.
Indien u goedere uitvoer, kan die Export Credit Insurance Corporation
of South Africa (ECIC) u help. Die ECIC evalueer uitvoerkrediet en
buitelandse beleggingsrisiko’s en gee uitvoerkrediet en buitelandse beleg
gingsversekeringsdekking namens die regering. Besoek www.ecic.co.za of
bel 012 471 3800.
Hoe word dit gedoen?
Ons kyk na maniere waarop kleinskaalse en/of opkomende boere
aanvullende sekuriteit kan bekom sodat hulle die ruimte en geleentheid kan
kry om hulle landboubesighede te ontwikkel.
• Dien ’n sakeplan in by enigeen van dié instellings (byvoorbeeld by enige
tak van die Landbank) wat die vermoë het om die lewensvatbaarheid,
uitvoerbaarheid en kredietwaardigheid van die landboubesigheidprojekte en leners te evalueer.
• Die deelnemende banke sif die aansoeke en keur in beginsel aansoeke
van voornemende leners goed wat vir ’n waarborg deur die fonds
kwalifiseer. In elke geval neem hulle die parameters van die fonds se
kwalifiseringskriteria in ag.
• Indien die bank die aansoek in beginsel goedgekeur het, dien hy ’n
skriftelike aansoek wat volledig voltooi is in (tesame met die nodige
ondersteunende dokumente en inligting wat volgens die sakeplan
nodig is) by die aangewese beampte wat die trustees van die fonds
verteenwoordig.
• Die fonds oorweeg die aansoek en keur dit binne tien werksdae ná
ontvangs goed of af en die besluit word dan aan die bank oorgedra.
• Indien dit goedgekeur word, moet die bank die fonds (binne drie
maande) in kennis stel dat die lener die waarborg aanvaar het, anders
verval die toegestane aansoek.
• Vanaf die tyd dat die aansoek goedgekeur is, totdat die bankkrediet
en die finansieringskoste terugbetaal is, administreer die bank die
terugbetalings volgens bankpraktyk en prosedures, wat die volgende
kan insluit:
- Kwartaallikse finansiële state van die lener;
-
Toepassing van die kredietvoorwaardes ooreenkomstig verstandige
bankpraktyk, ensovoorts.
Banke wat deelneem in kredietwaarborge sluit in ABSA, African Bank,
Bank of Athens, FNB, Nedcor, People’s Bank en Standard Bank.
Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling het spesifiek as taak
om oor die werk van belangrike staatsentiteite wat by ekonomiese
ontwikkeling te doen het, toesig te hou (kyk www.economic.gov.za). Alle
staatsdepartemente het as taak om hulle gebied van die ekonomie te laat
groei en het toegang tot verskeie toelaes en befondsingsmeganismes. Kry ’n
lys van hierdie departemente by www.gov.za. Die Departement van Handel
en Industrie (DHI) het ’n aantal finansiële aansporings vir besighede (kies die
“Financial assistance”-opsie by www.thedti.gov.za). Die Departement van
Landbou, Bosbou en Visserye (DLBV) beheer die Micro-agricultural Financial
Institution of South Africa (MAFISA) en AgriBEE Equity Fund-programme,
byvoorbeeld. Provinsiale staatsdepartemente bestuur ook programme.
Kyk by www.ledet.gov.za (Limpopo se Departement van Ekonomiese
Ontwikkeling) en www.kznded.gov.za (KwaZulu-Natal se Departement
van Ekonomiese Ontwikkeling) vir ’n idee van wat hulle aanbied.
Industrie-assosiasies kan oor kennis beskik oor fondse vir rolspelers in
hulle sektore. Hierdie assosiasies word gelys in die onderskeie gewasse- en
vee-hoofstukke. Sommige van hierdie assosiasies kan aktief betrokke wees
in bronbefondsing. Die National Emergent Red Meat Producer’s Organisation
(NERPO) bestuur ’n ondersteuningsprogram vir boere wat NERPOLivestock Credit Scheme (NLCS) genoem word. Die kredietskema is
daarop gemik om finansiële dienste aan te bied ten einde die ontwikkeling
van klein-, mikro- en mediumlandbou-ondernemings te fasiliteer en om
landbou-entrepreneurs te help om in groter besighede te ontwikkel.
Kontak 012 348 8566 of 083 640 5352. CANEGROWERS (kyk die hoofstuk
oor suikerriet) sal verdere inligting aan u kan verskaf oor Khula-Akwandze
Fund (KAF) vir kleinskaal suikerrietboere.
MAFISA (Micro-agricultural Financial Institution of South Africa) is ’n
finansiële skema vir mikro- en kleinhandellandbou, in die besonder vir
ekonomies aktiewe arm mense. Die organisasie bied spaar- en bankfasiliteite
by goedgekeurde finansiële instellings aan, asook lenings vir produksieinsette (soos kunsmis, saad en onkruiddoders), lewende hawe, kleinskaalse
besproeiingstelsels, kleinskaalse landboutoerusting en implemente vir klein