646
Die volgende vereistes geld vir registrasie om vleis aan die
uitvoermark te lewer:
1. Diere moet minstens 3 maande voor hulle geslag word individueel
en permanent geïdentifiseer word.
2. Diere moet Suid-Afrikaans van oorsprong wees.
3. Boere moet ’n uitvoerige plan van hulle plase, geboue en heinings
voorlê.
4.
Geen hormone, steroïede, groeistimulante, dierebyprodukte of
voerstimulante mag gebruik word nie.
5. Slegs natuurlike voer mag gebruik word om veldvoeding aan te vul.
6. Die veld moet duidelik gemerk, geïdentifiseer en afgewissel word.
Dit moet vir ’n seisoen rus voordat dit bewei word.
7. Voer moet op ’n droë plek, weg van chemikalieë en misstowwe
gebêre word, en vry van ongediertes, skimmel en stof gehou word.
8. Voer en waterbakke moet skoon wees en in stand gehou word.
9. Veeregisters moet die volgende inligting bevat:
a) datum van aankoms op die plaas (KAV indien van toepassing)
b) oorsprong
c) identifikasienommers
d) behandelings en inentingsdatums
e) getal vrektes (met redes)
f) datum van versending na abattoir
B
10.0 eheermaatreëls vir siektes:
a) stel die staatsveearts in kennis indien siektes uitbreek.
b) behandelde diere moet in ’n afsonderlike kamp gehou word.
c) binnespierinspuitings mag slegs in die nek toegedien word.
d) kom die voorgeskrewe onttrekkingstydperke na wanneer
terapeutiese geneesmiddels gebruik word.
e) stuur die kop van ’n dier wat gevrek het na die naaste veearts om
vir malbeessiekte getoets te word.
11.0 ipplekke wat nie gebruik word nie moet dig toegehou word.
D
12.0 ou rekord van alle chemikalieë wat gebruik word.
H
13.0 hemikalieë moet altyd omgewingsvriendelik wees.
C
L
14.0 aat die uitvoer-abattoir toe om voor registrasie grond , water en
voerontledings vir swaarmetale te doen.
V
15.0 ervoer moet goed gekoördineer word en die vragmotors mag nie
oorlaai word nie.
D
16.0 ie beeste moet 3 weke voor hulle geslag word klaar gebrandmerk
wees.
17.0 nthoring beeste voor hulle gespeen word.
O
18.0 iere moet vir 3 weke voordat hulle geslag word aan die minimum
D
stres onderwerp word.
3. Plaaslike sakeomgewing
• Die RMAA stel sy prysinligtingsverslag een keer ’n week vry.
Deelnemende abattoirs kry dit gratis.
• Markvooruitsigte kan ook in die landbouweekblaaie Landbouweekblad
en Farmer’s Weekly gevind word – of besoek hul webtuistes www.
landbou.com en www.farmersweekly.co.za.
• Die nuutste uittreksel van Agricultural Statistics sluit kategorieë soos
“Cattle numbers, numbers slaughtered and average prices of beef”
in, “Production and consumption of veal”, “Sheep, lambs and goats –
numbers slaughtered at abattoirs, average prices of mutton, production
and consumption”. Kry dit op www.daff.gov.za.
Plaaslike markte sluit slaghuise, supermarkte, hotelle, inrigtings, kolleges,
skole en restaurante in.
Dit beïnvloed in toenemende mate die aankooppatrone waar die ontasbare
begin om, byvoorbeeld voedselveiligheid, opspoorbaarheid, dierewelstand
en goeie omgewingspraktyke te domineer. Verbruikers wil meer weet oor
die bron van hul voedsel en oor die produksieproses. Gesondheid word
nie meer aan die toeval oorgelaat nie. Supermarkte, wat die voedelverspreidingskanale oorheers, reageer op hul klante se behoeftes en ontwikkel
nismarkte.
Suid-Afrika se vleisinvoere oortref die uitvoere by verre. Meeste van ons
u