Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 647

645 5. Verenigings wat betrokke is waardetoevoeging en landbouverwerking Die Nasionale Meulenaarskamer (NMK) is toeganklik vir alle meulenaars, insluitende klein en mikromeulens. Die NMK het ’n verteenwoordiger wat na klein en mikromeulens se belange omsien. Meer besonderhede omtrent die NMK is in die hoofstuk oor die maalbedryf beskikbaar. 6. Opleiding en navorsing African Micro Mills bied bondige inleidende kursusse aan oor basiese maalpraktyke. Besoek www.africanmicromills.com. African Mill Mentors, ’n sustermaatskappy van African Micro Mills, bied ’n reeks geleenthede aan wat leerlingskappe, adviserende en aandeledeelname insluit in die graanmeulbedryf en die basiese voedselbedryf insluit. Hulle webblad is beskikbaar by www.africanmicromills.com. Kleinmeulondernemings word ingesluit by en is ’n prioriteit in AgriSETA se beplanning (sien AgriSETA se Strategies Plan vir die 2012-2016 tydperk). Skakel 012 301 5600 of besoek www.agriseta.co.za. FoodBev is verantwoordelik vir die fasilitering van opvoeding en opleiding in die voedsel- en drankvervaardigingsektor. Skakel 011 253 7300 of kuier by www.foodbev.co.za. Opleiding is histories beperk tot teoretiese kursusse wat op ambagstoetse deur die Graanmeulenaarsfederasie uitgeloop het. Hierdie opleiding was hoofsaaklik bedoel vir mense wat reeds in die tradisionele maalsektore werksaam was. (Sien die hoofstuk oor die maalbedryf vir meer besonderhede, of besoek www.grainmilling.org.za). MLG (opleiers, fasiliteerders & mentors se besonderhede is onder opskrif 7) is opleiers wat deur AgriSETA en FOODBEV SETA goedgekeur is. Hulle bied nasionale NKR- en SAKO-geakkrediteerde meulenaarskwalifikasies aan. Die kwalifikasies is prakties en teoreties gerig (www.mlg.co.za). 7. Maatskappye wat betrokke is ABC Africa Group Tel: 012 803 0036 www.abchansenafrica.co.za www.millingsupply.com African Micro Mills (Edms) Bpk Tel: 031 584 6250 www.africanmicromills.com African Mill Mentors Tel: 031 584 6250 www.africanmicromills.com Bag Closer Tel: 011 768 2289 www.bagcloser.co.za Buckle Packaging (Edms) Bpk Tel: 011 613 8024 www.bucklepack.co.za Drotsky Tel: 011 864 1601 www.drotsky.co.za MLG Tel: 086 110 2177 www.mlg.co.za MLG verskaf opleidingsprogramme en mentorskapprogramme vir entrepreneursmeulenaars Maximill Roller Mills Tel: 056 217 1580/1 www.maximill.co.za P Cubed Tel: 012 803 8803 www.pcubed.co.za Konsultante Plantkor Tel: 036 468 1309 www.plantkor.co.za ROFF Industries Tel: 056 212 2696 / 7 www.roff.co.za Stargate Scientific Tel: 011 675 7433 www.stargatescientific.co.za Slagpale / abattoirs 1. Oorsig Natuurlike progressie van lewendige dier tot karkas tot vleis • Die diere word op so ’n manier vervoer, afgelaai en aange