Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 646

644 waardetoevoeging en landbouverwerking Mikro- en kleinmaalondernemings 1. Oorsig • Klein meulens is meulens met ’n kapasiteit van een ton of minder per uur. • Mikromeulens het ’n kapasiteit van tot vyf ton per uur. Daar is tans moontlikhede vir groei in die maalbedryf, beide binnelands en met betrekking tot uitvoer na buurlande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. Weens die relatief lae aanvangs- en bedryfskoste, groot winste en ’n marknis vir gespesialiseerde meulenaarsprodukte, bied dié bedryf ’n uiters haalbare en volhoubare belegging vir enige groep beleggers. Mikromeulens is besonder gepas vir boere omdat hulle alreeds oor bedryfspesifieke voordele van produk, berging en arbeid beskik. Mense in landelike omgewings, waar afgewerkte produkte dikwels weens vervoerkoste en aansienlike prysverhogings deur vervoerders en handelaars, baie duur is, kan eweneens ’n uitstekende produk teen laer koste en ’n gesonde wins lewer. Mikromeulens bied uitstekende geleenthede vir waardetoevoeging, verbetering van vaardighede, bevordering van landelike ekonomieë en die bevordering van swart ekonomiese bemagtiging. Die regering se nywerheidsbeleid-aksieplan (IPAP) het klein meulens geïdentifiseer as ’n gebied waar werkgeleenthede geskep kan word. 2. Plaaslike sakeomgewing Africa Micro Mills het plaaslik die volgende sakegeleenthede vir klein en mikromeulens geïdentifiseer: Graanmeulens • Plaaslike meule: plaaslike produksiefasiliteite oral in die SuiderAfrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap. • Brouerye en versnapperingsbedryf: gespesialiseerde produksie van mieliegruis en ander mielieprodukte. • Bakbedryf: gespesialiseerde beskuitkoringmeelblom en produksielyne vir die vervaardiging van koekies en beskuit. • Gespesialiseerde mark vir kontinentale gebak en pizza: waardetoegevoegde “00” koekmeelblom vir hierdie groeiende sektor. • Produsente van babavoedsel en ontbytgraankos: maal van rysmeel. • Drank en graanprodukte: maal van garsmee