Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 645

643 Suider-Afrikaanse Graanlaboratorium (SAGL) Tel: 012 807 4019 www.sagl.co.za Die SAGL is ’n vereniging wat kragtens Artikel 21 (vereniging sonder winsoogmerk) ingelyf is. Die Laboratorium het ISO/IEC 17025-akkreditasie en toets die gehalte van graan en oliesade op verskeie wyses. Verder doen hulle ringtoetse en verskaf laboratoriumopleiding. Die laboratorium word erken as dié graanontledingslaboratorium in Suider-Afrika en hulle doen ’n nasionale opname oor die gehalte van koring en mielies. Nasionale inligting kan op hulle webwerf gekry word. Die SAGL bied laboratoriumopleidingskursusse in die ontleding van sowel koring(meel) as mielie(meel). Afgesien van praktiese eendagkursusse oor die belangrikste gehalteontledings, bied die Graanlaboratorium ook ’n praktiese vierdagkursus aan oor al die gehalteontledings. Dit sluit ’n lesing oor goeie laboratoriumpraktyk en akkreditasie in. Spesiale kursusversoeke geniet gunstige oorweging. FoodBev Tel: 011 253 7300 www.foodbev.co.za FoodBev is die sektorale onderwys-en-opleidingsowerheid (SETA) verantwoordelik vir onderwys en opleiding in die voedsel- en drankverva ardigingsektor. Die kamer wat op hierdie hoofstuk van toepassing is, is die bak-, graan-, fyngebak- en versnaperingskamer. Die Nasionale Meulenaarskamer is verantwoordelik vir navorsingsprojekte wat vir die bedryf van belang is. 7. Publikasies en webtuistes Afgesien van die ander webwerwe wat in hierdie hoofstuk genoem word, sal die volgende ook van belang wees: • Vereniging van Veevoervervaardigers – www.afma.co.za • Graan Suid-Afrika – www.graansa.co.za • SA Graan Inligtingsdiens – www.sagis.org.za • Nasionale Departement van Landbou – www.daff.gov.za • Nasionale Landboubemarkingsraad – www.namc.co.za Die volgende internasionale webtuiste is ook beskikbaar: • International Association of Operative Millers – Mideast Africa (IAOMMEA), www.iaom-mea.com • International Maize and Wheat Improvement Centre (CIMMYT), www.cimmyt.org • International Centre for Agricultural for Agricultural Research in Dry Areas (ICARDA), www.icarda.org Die Maize Market Value Chain Profile: 2010-2011 en die Wheat Market Value Chain Profile: 2010-2011 is beskikbaar by www.daff.gov.za. Kies die opsies “Publications” en “Agricultural Marketing”. Vir mielieverwante navorsingsdokumente en projekte, maak kontak met die Mielietrust by 012 807 3958 of faks 012 807 7090. Vir koringverwante navorsingsdokumente en projekte, kom in aanraking met die Wintergraantrust. Besoek die webtuiste www.winterceraltrust. co.za of skakel 012 663 1600. Vir meer inligting oor The Baker, die publikasie vir die bakkery- en meulenaarsbedryf in Suid-Afrika, besoek www.thebaker.co.za.