Die Agri Handboek 5de Uitgawe | Page 641

639 waardetoevoeging en landbouverwerking Leer 1. Oorsig Aantekeninge oor hoe leer gemaak word verskyn op www.tanschool.co.za. Die leerbedryf bestaan al vir duisende jare – sedert die mens begin het om diere te jag. Daar is feitlik in elke land het ’n leerlooiery van een of ander aard. Indien dit nie leer is wat verwerk moes word nie, sou dit sintetiese materiaal (waarskynlik afkomstig van ’n hernubare hulpbron) gewees het. Huide en velle is neweprodukte van die vleisbedryf en daarom is die aanbod nie van die vraag na leer afhanklik nie, maar van die vraag na vleis. Leer word in die motor-, skoeisel-, meubel-, klere-, leergoedere- en eksotiese leersektore (bv. volstruis) gebruik. Leer dra by tot die alledaagse lewensgehalte van mense, byna elke persoon dra of gebruik een of meer leerprodukte op ’n gereelde grondslag. Die vernaamste kategorieë vel of huid ooreenkomstig spesie is soos volg: • Beesvelle (vee) domineer die leerbedryf in Suid-Afrika. Dit is hoofsaaklik ’n neweproduk van vleisproduksie wat deur die voerhokke verskaf word. • Skaapvel, met of sonder wol, word hoofsaaklik vir die uitvoermark vervaardig. • Suid- Afrika het nie ’n beduidende voorraad varkvel nie omdat dit deel van die vleis uitmaak. • Die voorraad bok- en boklamvelle is laag omdat die meerderheid bokke nie by die abattoirs geslag word nie, maar daar buite. • Anders as beeste, word volstruise hoofsaaklik vir sy vel geteel, en dus word volstruisvleis die newe-produk. Volstruisleer is uniek as gevolg van sy veerknoppie-patroon. Dit maak dat die vel baie sterk en duursaam is. Dit is 7 keer sterker as beesvel. Volstruisvel word gebruik om handsakke, beursies, skoene, klere, ens. te vervaardig. • Baie wilddiere, insluitend olifante en buffels, is vername bronne van leer. • Krokodille en slange word vir hulle velle geteel. Bronne: Industrial Products: Hides, Skins and Leather Market Value Chain 2010-2011, beskikbaar by www.daff.gov.za; The introduction to leather by www.leathercouncil.org. 2. Internasionale sakeomgewing Besoek www.leathercouncil.org, die webtuiste van die International Council of Tanners Defekte wat die gehalte van huide en velle beïnvloed: • Voorslagting – brandmerke, doringdraad, bosluise, myte, are (voedingstekort), fyn skrapies deur dorings, ensovoorts, horingskrape (skaapvelle – speldeprikke deur skerp grashalms) • Abattoirskade – slagmerke, sleepmerke, rekmerke deur strektoerusting, kneusplekke, vertraging in bewerking (bederf/ ontbinding). Die enigste wyse waarop skemas vir huidverbetering in die verlede gewerk het, is wanneer die boer besef dat dit vir hom voordelig is om sy diere sodanig te versorg dat hy huide of velle van ’n hoër gehalte met minder merke daarop kan produseer. Die skemas berus op ’n opvolgstelsel waar die eindverwerker (die looiery) die oorsprong van die huide (deur die abattoir na die oorspronklike boer) kan naspeur, waar laasgenoemde die een of ander bonus ontvang vir die lewering van ’n dier met ’n huid van goeie gehalte. Sulke skemas is skaars en net effektief in gesofistikeerde ekonomieë soos gedeeltes van Europa en Australië. Bron: die International Council of Tanners se webtuiste – www.leathercouncil.org 3. Plaaslike sakeomgewing • Die aanvraag na velle deur die motorvoertuigsektor oortref die getal beeste wat plaaslik geslag word. • Meer as 60% van Suid-Afrika se velle word geag as geskik vir die motorvoertuigleer. • Die toename in voerhokke met die verloop van die jare het daartoe aanleiding gegee dat die gehalte van die velle beter is (die diere spandeer minder tyd in die veld). Dit word hoër aangeslaan as die velle van ander lande in sub-Sahara-Afrika en baie lande in Asië, maar dit is steeds van ’n swakker gehalte as die meeste velle van Australië, Argentinië die VSA en Europa. Die waardeketting word in vyf fases ingedeel: • vel & huid voorraad • half-verwerkte leer • afgewerkte leer • afgewerkte produkte • die mark Vir meer besonderhede raadpleeg die publikasie Industrial Products: Hides, Skins and Leather Market Value Chain 2010-2011 (sien opskrif 8) 4. Nasionale strategie en regeringskontakte Lees oor die Skins and Hides Sub-Sector Development Programme in die Industrial Policy Action Programme (IPAP) 2012/13 – 2014/15 beskikbaar by www.thedti.gov. za. Departem