621
2. Internasionale sakeomgewing
In die INTERNASIONAL TradeProbe, November 2011, is daar die afdeling
“Trade Profile of Essential Oils”. Besoek www.namc.co.za en www.agbiz.co.za vir
inligting hieroor.
Die belangrikste mark vir essensiële olies is die smaak- en geurmiddelbedryf,
wat aan vervaardigers van koeldrank, voedsel, kosmetiekware, toiletware en
parfuum die smake en geure verskaf wat hierdie produkte gebruik. Hierdie
kommersiële markte vereis betroubare verskaffers wat gehalteprodukte op
’n deurlopende basis teen kompeterende pryse kan verskaf.
Die wêreld se voorste uitvoerders van essensiële olie in 2010.
Uitvoerders
Uitvoerwaarde in VS$
Miljoen
Internasionale
uitvoere
Aandeel in
wêrelduitvoere %
2 953
100
VSA
Indië
Frankryk
China
VK
Brasilië
Duitsland
Indonesië
Argentinië
Italië
431
327
276
190
189
165
124
124
120
104
14.6
11.1
9.3
6.4
6.4
5.6
4.2
4.2
4.1
3.5
Suid-Afrika
25
0.8
Potensiaal bestaan vir essensiële olies uit Afrika indien die produsente aan
streeks- en wêreldwye essensiële-oliemarkte se vereistes vir gehalte en
hoeveelheid kan voldoen. Essensiële olies kwalifiseer volgens die AGOAwet vir belastingvrye toegang tot die VSA. Sommige produsente waarsku
egter dat dit ’n moeilike mark is om te betree.
’n Wye verskeidenheid produsente verbou essensiële-olie-gewasse
– dit sluit kommersiële en opkomende boere in; boere wat alternatiewe
gewasse ondersoek; ko-operasieboere en gemeenskapsprojekte; asook die
kothuisbedryf. Die tegnologieë vir die uitpersing en distillering van olie in
redelik toeganklik en maklik om te gebruik.
Markinligting is een van die belangrikste aspekte - vind voor planttyd uit
wat die kopers ten opsigte van gehalte en hoeveelhede verwag. Dit bepaal
hoeveel van wat aangeplant moet word en watter tipe distillasie gebruik
moet word. Dit is ’n groeiende mark maar kan baie risiko’s inhou indien alle
aspekte van die markvereistes nie in aanmerking geneem word nie.
4. Inheemse essensiële olies
Landelike gemeenskappe oes dikwels inheemse plante wild, óf op hulle eie
grond óf in die veld van ’n naburige boer.
Die benutting van inheemse plantmateriaal kan landelike ontwikkeling
bevorder, en ’n paar nuwe verbouingsprojekte word onderneem met die
oog op langtermynvolhoubaarheid van hierdie bedrywe en om landelike
gemeenskappe in staat te stel om welvaart uit hul inheemse kennis te
skep.
Ander belowende inheemse olies is: Artemisia afra. Leonotis leonurus,
Eriocephalus sp., Lippia sp., Salvia sp.,Helichrysum sp., Cymbopogon validus,
Coleonema sp., Tarchonanthus camphoratus, Arthrixia sp.
Vir meer inligting oor marktendense kontak Karen Swanepoel by
[email protected] of skakel 082 081 6077/082 785 8700.
5. Ander plantolies
Essensiële olies verdamp wanneer dit met lug in aanraking kom, en hulle het dikwels
ook ’n baie sterk geur. Dit is die grootste verskil tussen essensiële en plantolies (bv.
sonneblom- of canola-olie). Sien die hoofstuk oor Graan en Oliesade vir meer inligting
oor die rolspelers in oliesaadgewasse (bv. die Oil & Protein Seed Development Trust).
Druiwepitolie
Die wêreld se voorste invoerders van essensiële olie in 2010.
Invoerders
Invoerwaarde in VS$
Miljoen
Wêreldinvoere
Aandeel in
wêreldinvoere %
2 967
100
VSA
Frankryk
VK
Duitsland
Japan
Nederland
Switserland
China
Singapoer
Spanje
570
285
236
202
156
145
135
120
119
101
19.2
9.6
8.0
6.8
5.3
4.9
4.6
4.0
4.0
3.4
Suid-Afrika
15
0.5
Olie wat gepers word uit druiwepitte wat druiweprodusente we